2015-06-29

Sange

Psalms 107:1-43
[1]  Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!
[2]  Dit moet die verlostes van die HERE sê, wat Hy uit die nood verlos het
[3]  en uit die lande versamel het, van die ooste en die weste, van die noorde en van die see af.
[4]  Hulle het gedwaal in die woestyn, op woeste paaie; ‘n stad om in te woon het hulle nie gevind nie.
[5]  Honger, ook dors was hulle; hulle siel het in hulle versmag.
[6]  Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle gered.
[7]  En Hy het hulle gelei op ‘n regte pad om te gaan na ‘n stad om in te woon.

2015-06-27

Taw: JHWH is My Regter


Pylkoker Van Elohym

'n Filosoof, spreek woorde om te koor
Maar van U Liefde se genade is daar geen spoor
Hulle staan in teologie gestaal
Waarmee hulle die mense in rondmaal
Apokriewe boeke behels U ander spore
En daarin staan geskrywe alles wat belowe
Maar snaaks genoeg, word dit uit gespoeg
En word vertrap en selfs af geploeg

U Teokrasie lê vermink onder stompe
Wat geen loot, ja, geen spruit het, maar lonte
Hulle verdraai U Woorde om hulleself in te dek
En hoop nogtans op U beskermende hek
Vir oulaas probeer die Opregte U waarheid te bring
Maar vir hierdie laaste groep klink dit maar gering
Hulle spog soos 'n pou dat hulle nie hoef te hoor
En met hoogmoed se houding verander hulle dit na goor

Pragmatisme met 'n diplomatiese toon
Gee hulle eerder hulle tiende aan 'n verlore loon
By voorbaat dank en baie trots op hulleself
Dink hulle dat die swaar tye nou uit eindelik sal weg werf
Nog hier, nog daar, nog 'n bietjie vergaar
Maar op aarde dink die mens hy is die leeraar
Daarom laat hy homself nie deur U vermaan
En kies dan ook vir die maklikste pad daarvandaan

Maar magtig en regverdig is U oordeel oor dit
Want wie kan staande bly wanneer U die aarde begin verhit?
Of wie is daar wat aan U bekendmaak of iets laat vertel?
Wanneer die seisoene al reeds lank terug hulle ure het versnel
Komplot op komplot word teen U gesmee en beplan
En die mens bedink:  "Ons kan, Ons kan, Ons kan"
Maar U, O Vader, ken die mens se treë
En dit is waarop al U dade uiting aan gaan gee

Eksodus 34:1-35
[1]  Toe het die HERE aan Moses gesê: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes; dan sal Ek op die tafels die woorde skrywe wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het.
[2]  En hou jou gereed teen die môre, en klim in die môre op die berg Sinai en gaan daar staan by My op die top van die berg.
[3]  Maar niemand mag saam met jou opklim nie; laat daar ook niemand op die hele berg gesien word nie; laat ook geen kleinvee of beeste teen hierdie berg wei nie.
[4]  Toe het hy twee kliptafels gekap soos die eerstes, en Moses het die môre vroeg klaargemaak en op die berg Sinai geklim, soos die HERE hom beveel het, en die twee kliptafels in sy hand geneem.
[5]  En die HERE het neergedaal in die wolk en daar by hom gestaan. En Hy het die Naam van die HERE uitgeroep.
[6]  En toe die HERE by hom verbygaan, het Hy geroep: HERE, HERE, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou;
[7]  wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde geslag.

2015-06-25

Sjien - Verlenging Van Dae: JHWH is My Lig


"Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.
En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou;"

Van jare se rond sweef
Het U my kom haal
En vir die tye van geleef
Sonder iets te kan doen, ek het verdwaal
U het weer jare in my gestraal
Sodat daar ete in U Huis kan neerdaal

Ek was 'n swerwer sonder naam
Maar U het my geseën met taal
En nou kan daar aan U portaal
'n Nuwe blink van gedagtes
en Lewe van dank swerf na U Naam

U het jare aan my wese toegevoeg
Om 'n belangrike taak te kan bevoeg
En vir al hierdie nuwe lewe
Sal ek U Naam prys met 'n geroep!
En 'n wingerd vir U reg maak, tydens U besoek

Dankie vir U boodskap
Wat Lewe bring in my siel!
Dankie vir U liefde en seggenskap
Wat my gees in beroering riel!
Dankie vir U krag en geselskap
Wat my U weë laat bewandel so subtiel!

2015-06-19

Openbaring In Getalle Van Sewes: JHWH Sien



Vind 'n pas op die kronkel pad
En soek vir 'n kas in die donker stad
Daarin is geheime van ouds af al
Wat saam is met die Getuie in 'n stal

Wek kommer, wek die reën
Bevestig die nommer, die bekende steen
Gloed inskripsies op 'n marmer blad
Op saffier gekerf met duidelike impak

In doeke gevou, in die skatkamer se klou
Daar staan geskrewe: "Die eerste en laaste dou"
Van ouds af bewaar, met presisie verklaar
Nou word 'n verborgenheid geopenbaar

Vat vir jou 'n meetstok, 'n kompas en sambok
Neem vir jou ook 'n stewige pen met sy inkpot
Kerf in jou gewete die name van individue
En maak dit kenbaar in heilige rook, so ook in briewe

Skryf aan die eerste, die stille gemeente
Voeg daarby die instruksies en ete
Skryf aan die tweede, die afvallige ene
Voeg daarby toe, die inhoud van die geleende

Skryf aan die derde, die sterke van almal
En sê ook daarby, dis die heel laaste damwal
Skryf aan die vierde, die losbandige in getal
Neem daarby weg, en gee verbande met linne gal

Skryf aan die vyfde, en berei die pad voor
En gee aan hulle 'n derde, 'n deel van ivoor
Skryf aan die sesde en sewende, die verlate maar getrou
En wek geen kommer, maar gee inhoude van opbou

2015-06-18

Die Soom Van 'n Woning: JHWH is My Eed


Begin by My Huis
die afgeleë ene, die trae
Sy gedra haar so gedeins
en vergeet My afsprake
Begin met die fondament
en lê vir jou 'n fondasie
Ek sal voorsien in die kontinent
en 'n uitleg daarby met die konsonansie

Sê vir die afvallige een
"So spreek die Vader:
Jy sal jou skoon was en ween,
en al jou silwer en koper vergader."
Versamel dan die dou
wat oorbly uit die gemeente
En gee dit as 'n vrou
aan My Huis vir sy gesteente

So sal julle dan bou
op hierdie rots van sterkte
En niemand sal dit knou
totdat Ek weer terug is in julle vlerke
Laat 'n seun en dogter terugkeer
Man en vrou tesame
Sodat My huis kan floreer
met gebede en dank in 'n oase

Die Trapmat

Ek, het 'n probleem met die aardse mense.  As ek om my heen kyk en sien hoedat mense mekaar verneder, aanrand, vloek en dan nog 'n "dankie" kan sê daarvoor, dan verbaas dit my heeltemal nie oor die strafgerig wat tans besig is om te ontplooi, en die groot see waters wat gaan kom nie.

Ek is moeg om te lees, te hoor en te sien, hoedat mense vir andere kan verstoot en sleg sê, net omdat die persoon swak, arm of onversorg lyk.  Ek is veral moeg vir die konstante kamma omgee van mense, wat, as hulle iets lees oor arm mense, of hoedat andere sukkel, net een sin uit hulle kele kan opoffer, en dit is:  "AS EK KON, SOU EK HELP."  Wat bedoel julle eintlik hiermee?

Die FEIT, dat jy hierdie patetiese sin kan gebruik, weerspieël jou verhouding met God!  Met ander woorde:  AS JY KON, SOU JY HOM GEHOORSAAM WEES, EN SY GEBOOIE DOEN.  AS JY KON, SOU JY JOU MEDEMENS HELP EN NAASTELIEFDE BEOEFEN.  AS JY KON, SOU JY MISKIEN EERS DIE BALK UIT JOU EIE OOG NEEM, SODAT JY KON SIEN.

Maar, jy kon nie.  Jy kon nie jou medemens help nie.  Jy kon nie vir God ken nie.  Jy kon nie tot bekering kom nie en jy kon nooit tot die besef kom, dat deur jou sinnetjie van "AS EK KON...", DAT JY DIE EEN IS WAT ARM IS.

SUID-AFRIKA, JULLE SPOEG IN DIE GESIG VAN DIE HEER.

2 Konings 20:17
[17]  Kyk, daar kom dae dat alles wat in jou huis is en wat jou vaders tot vandag toe opgehoop het, na Babel weggevoer sal word; daar sal niks oorbly nie, sê die HERE.

2015-06-16

Reesj


Vuurhout

Sien dit nie as iets vreemd
wanneer Ek my Staf laat swaai
Wanneer die donkerte kom
en die haan drie keer kraai
Wanneer die dag 'n mens sal steek
en die nag jou arm breek
Maar dink na, en berispe jou gewete
dit is en was al vantevore aan jou te kenne

In die wa-land se pad
sal 'n emmer bloed spat
Maar dink dit nie as iets vreemds
wanneer dit oor hierdie kontinent trap
Want net soos die profete van ouds af
wat vir almal van My vertel het
So sal dit dan wees in hierdie geslag
want 'n onreinheid het My volk laat verset

Wees nie so trots
op jou eie krag as rots
Want in bane van semel
lê die dood soos die gruwel
Oop gemaak en naak
vir die uur se gebraak
Vordering op vordering
so sal dit dan gaan
Totdat Egipte se naam
een is met die maan


2015-06-15

Selfstandige Naamwoord: JHWH Sal Voorsien


Daar roep 'n verdwaalde
"Ons weet nie meer wat aangaan nie"
Daar roer 'n gewaande
"ek sit maar hier, maar verstaan nie"
Ondanks alles tussen kommer en span
Bly daardie gesegde:  Dit is deel van U plan

'n Kind vra vir brood op 'n papier bord
"Gee my net nog 'n bietjie asseblief"
Ouers van ryke aanstaandes en gord
"Ag, as ek kon, sou ek iets doen, al is dit stief"
Ondanks alles tussen hoogmoed se rang
Bly daardie gesegde:  Dit is deel van U plan

Mense skommel hulle houding so fors
"Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons sal...ag nee wat"
Terwyl die skaamtelose slegsê alleen maar mors
"Ons het mos gesê dit gaan gebeur...nou's dit sat"
Ondanks alles tussen spoegklier en kan
Bly daardie gesegde:  Dit is deel van U plan

2015-06-14

Dani-ËL 12: JHWH is My Banier en Vesting


Duisende strydwaens
met duisende ruiters
Staan gereed weliswaar
met goue Glorie in hul weides
Gereed om te storm
vir die aankomende geveg
Gestaal in sterke vorm
met 'n Lied se bevel om te heg

Baster en edel saam
onder die Aansien van Hom
Die kaf en die graan
saam, maar apart in vorm
Judas kus en broederbond
Slaaf en vry man, vrou en kind
word nou geskei van die grond
En ingehuldig in vier groepe se wind

Simbool van die Lewende
word erken in elke geredde
Maar die slegte dienaar
word nou verstoot met sy grou aar
En die vermeteles word verneder
en die gebrokene word getroos
Maar die adder se ete word vergete
en die van Abel word aanvaar en verhoog

2015-06-13

Toe Ek Jou Gebaar Het: JHWH is Liefde


Jy was My enkeling
tussen vele landerye en krone

'n Vreugde van boë en behoue
tussen aandwandelinge gebore

Ek het jou beklee
met armbande van prag en stene

Vir jou voete 'n goue poort
waarop jy kon dans met vele

My wingerd was jou eiendom
en My kudde, jou rivier se stroming

Die stelsel van die Hemele
was jou sang se beloning

Ek het jou lief gehad
soos somervrugte by haar opkoms

En met vrugbare akkers
was Ek jou metgesel van herkoms

O, Dierbare van My hart
Ek mis jou met al My krag

Die son en sy ritme
verberg My eensame lag

My gunsteling gedagte
is saam met jou waar jy ook al is

Want toe Ek jou gebaar het
was dit jy wat Ek so mis

2015-06-09

'n Geringe Se Getal: JHWH is My Krag


In verleë gedoop
onder soepel laventel
Goed onderhoude loop
sonder staal en vaandel
So het Ek jou geroep
gekies en uitgesonder
Soos 'n broos katoen
sonder aanhangsel onder

Ek het jou laat loop
oor berge en sand
Op hoë monumente se aankoop
en laag tussen elke gesant
My Wil in jou is beskeie
en opreg verskuil na binne
Met 'n roeping tot die luie
om homself te verlaag met linne

Nie uit 'n magdom kringe
en nog minder in aansienlikheid
Maar in die oë van rou dinge
daar het Ek Myself laat sien in 'n huid
Die prys van 'n kind in hierdie land
is soos die beste robyn of diamant
Ek word altyd gevind in die laer huis
van 'n eerlike gebed van vaste spys

2015-06-05

Silwer Arme: JHWH Is My Helper


Ek was 'n muiteling onder U Oë
'n Gedrog in vlees en bloed en gedoë
Ek het gewandel soos een van die beeste
in velde van mirre en yssteen, 'n gekneusde
Ek was blind soos 'n stormwater boog
wat in alle rigtings geskiet het en droog
Ek het verstrik geraak in wêreldse ideë
en my plek so ingerig volgens hulle weë

Maar toe kom U, na vele dae
en slaan my met U vele vrae
Ek was soos 'n dooie voor U voete
my gelaat was geslote soos vele boeke
My ore het doof geraak deur U Stem
en my geluid het verander na 'n rem
U het uit U Hoë plek neergedaal
om vir 'n sondige soos ek, te kom vertaal

Met 'n vinnige swaai van U hand
is ek vervul met U Heilige toestand
U het my op my knieë gebring,
en ek het weer gestaan in U bewondering
My voorkoms het verander
in U ware Kennis en Wyse inkstander
Ek was volkome omring
deur U Waarheid en verowering

Dat U my so ag
om deel te wees van U prag
En my voete elke dag was
asof ek 'n edele kroon het van gesag
Dat U my so koester
asof ek die beste is uit U oeste
En tog is dit U wat Waardig is!
Terwyl ek maar net nog een van U are is

2015-06-04

Milieu Van 'n Fariseër



O, Politieke sindroom
met jou handjies so vroom
Jou spog jas en sikloon
Jou uitbuiter en anys
Jou lae hond, jou bosluis!

Vir wie vang jy nou so flou?
Met al jou gekerm en jo-jo?
Parasiet van 'n spesie
Jou aaklige tragedie
Lê wyd gestrek soos 'n hoer
Met jou arms en bene in 'n snoer

Jou knee brand op die mat
soos 'n goedkoop huis se gat
Waarin al jou bemindes hulle laat gaan
en binne in jou alle onreinheid beaam
'n Rand agter, 'n Dollar voor, 'n Euro daar
En so word in jou die baster gebaar!

Geeste vreters en 'n siek melodie
Met jou woorde beklemtoon dit jou anargie
Jou wingerde het jy gesteel
Van 'n kudde van God se bevel
En met jou ingewande so geel
kots jy jou eie sotlike oordeel en hel!

Dis beter vir jou, ou koue ding
Met 'n meulsteen om jou nek
om in die water te spring!
Jou koue adder gedrog
Is 'n vieslike bloedgroep sog!
En jou asem is die stank
wat uit jou are verdamp!

2015-06-03

Koef: Die Berg Van JHWH-Jireh

Jesaja 2:1-22
[1]  Die woord wat Jesaja, die seun van Amos, gesien het met betrekking tot Juda en Jerusalem.
[2]  En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom.
[3]  En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem.
[4]  En Hy sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.
[5]  Kom, huis van Jakob, en laat ons wandel in die lig van die HERE!
[6]  Want U het u volk verwerp, die huis van Jakob, omdat hulle vol is van wat die Ooste aanbied, en van goëlaars soos die Filistyne, en met die kinders van vreemdes dryf hulle handel.
[7]  En hulle land is vol silwer en goud, en daar is geen end aan hulle skatte nie; en hulle land is vol perde, en daar is geen end aan hulle strydwaens nie.

2015-06-02

Tsaddie: Die Weduweeskap van Jerusalem - Vervalle Gemeenskap

Jerusalem, O, Jerusalem
Jou poorte lê verdor
Jou glans het verwelk
En jou Man het jy verloor
Jou skatkamers is gestroop
In plaas van trane en koor
Is jou gelaat in konstante wanhoop
'n Weduwee het jy geword
Maar sonder as en roukleed
Sonder smart loop jy rond
Jy verkoop jouself ten goede
Maar jou skepe dwaal verlate
In sirkels vol met armoede

'n Geween vanuit die Gees
Huil in jou plek tevergeefs
Selfs Haar het jy verstoot
En jou erfenis so verloot
Kerm en kla oor jou dogters
want hulle het ook so gedoen
Hulle volg jou orals rond met stoters
En verklap hulle gewoontes in 'n Judas soen
Waarom wil jy verlate bly?
Wanneer jy so konstant moet ly?
Soveel is al na jou gestuur
Die aantal groter dan Abel se skuur

Jerusalem, O, Jerusalem
Jou poorte lê verdor
Jou glans het verwelk
En jou Man het jy verloor
Jou skatkamers is gestroop
In plaas van trane en koor
Is jou gelaat in konstante wanhoop
'n Weduwee het jy geword
Maar sonder as en roukleed
Sonder smart loop jy rond
Jy verkoop jouself ten goede
Maar jou skepe dwaal verlate
In sirkels vol met armoede

2015-06-01

Verootmoediging

Psalms 22:1-31
[1]  Vir die musiekleier; op die wysie van: "Die hert van die dageraad." ‘n Psalm van Dawid. (22:2) My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul?
[2]  (22:3) My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie; en snags, en ek kan nie swyg nie.
[3]  (22:4) Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel!
[4]  (22:5) Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered.
[5]  (22:6) Hulle het U aangeroep en het ontvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie.
[6]  (22:7) Maar ek is ‘n wurm en geen man nie, ‘n smaad van die mense en verag deur die volk.
[7]  (22:8) Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoof en sê: