Vrugbare Antwoorde

Hier volg die inskrywings van die Heilige Gees, gestuur deur Hom, JaWHeHshua Elohym, die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste, wat tot in alle ewigheid lewe [Johannes 14]:

Elohym sê: 

Die meting van die sonde, is die degradering van gees

Die hoogste vlak van bemeestering, is om aan andere van diens te wees

Want jy het jou Eerste Liefde verloor, sodat jy dit weer kon terug vind

Deur afleiding, verloor ons uiteindelik kontak met God. En hoe weet ons dit? Wel, as jou lewe goed gaan, en daar is geen bekommernisse, stres of pynlike oomblikke nie. En ons begin dit pas te onthou, wanneer ons begin te ly

Jou vrees vir die vyand, is die gevolgtrekking van jou medepligtigheid

Die mate van toewyding en getrouheid in jou verhouding / huwelik, weerspieël die mate van toewyding en getrouheid wat jy teenoor jou Skepper het, en dieselfde geld vir jou persepsie van "skoonheid"

Binne die armoede van 'n arm man, is die oorvloed van vrugte seker, maar in die huis van 'n ryk man, is net die vlieë tevrede.