2015-06-25

Sjien - Verlenging Van Dae: JHWH is My Lig


"Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.
En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou;"

Van jare se rond sweef
Het U my kom haal
En vir die tye van geleef
Sonder iets te kan doen, ek het verdwaal
U het weer jare in my gestraal
Sodat daar ete in U Huis kan neerdaal

Ek was 'n swerwer sonder naam
Maar U het my geseën met taal
En nou kan daar aan U portaal
'n Nuwe blink van gedagtes
en Lewe van dank swerf na U Naam

U het jare aan my wese toegevoeg
Om 'n belangrike taak te kan bevoeg
En vir al hierdie nuwe lewe
Sal ek U Naam prys met 'n geroep!
En 'n wingerd vir U reg maak, tydens U besoek

Dankie vir U boodskap
Wat Lewe bring in my siel!
Dankie vir U liefde en seggenskap
Wat my gees in beroering riel!
Dankie vir U krag en geselskap
Wat my U weë laat bewandel so subtiel!

Job 19:1-29
[1]  Maar Job het geantwoord en gesê:
[2]  Hoe lank sal julle my siel kwel en my met woorde verbrysel?
[3]  Nou tien maal al doen julle my smaadheid aan, mishandel julle my sonder om julle te skaam.
[4]  En het ek ook werklik my misgaan, dan bly my fout by my.
[5]  As julle jul werklik teen my wil groot maak en teen my my smaadheid wil bewys,
[6]  weet dan dat Gód my onregverdig behandel het en met sy net my rondom ingesluit het.
[7]  As ek roep: Geweld! dan word ek nie verhoor nie; ek roep om hulp, maar daar is geen reg nie.
[8]  Hy het my weg toegemuur, sodat ek nie verby kan nie; en oor my paaie het Hy duisternis gesprei.
[9]  My eer het Hy van my afgetrek en die kroon van my hoof weggeneem.
[10]  Hy werp my aan alle kante omver, en—daar gaan ek! En Hy het my verwagting uitgeruk soos ‘n boom.
[11]  Ook het Hy sy toorn teen my laat ontvlam en my beskou as een van sy vyande.
[12]  As een man kom sy skare aan en baan ‘n pad vir hulle teen my, en hulle slaan die laer op rondom my tent.
[13]  My broers het Hy ver van my verwyder, en my bekendes het vir my heeltemal vreemd geword.
[14]  My nabestaandes ontbreek, en my vertroudes het my vergeet.
[15]  My bywoners en my slavinne beskou my as ‘n vreemde; ‘n onbekende het ek geword in hulle oë.
[16]  Ek roep my slaaf, maar hy antwoord nie; met my mond moet ek hom smeek.
[17]  My asem is vir my vrou hinderlik, en my slegte reuk vir die kinders van my moeder se skoot.
[18]  Selfs jong seuns minag my; wil ek opstaan, dan spot hulle met my.
[19]  Al my vertroude vriende het ‘n afsku van my; en die wat ek liefgehad het, het hulle teen my gekeer.
[20]  My gebeente kleef aan my vel en aan my vlees, en ek het slegs met my tandvlees ontsnap.
[21]  Ontferm julle oor my, ontferm julle oor my, o my vriende, want die hand van God het my getref!
[22]  Waarom vervolg julle my, soos God, en word nie versadig van my vlees nie?
[23]  Ag, mag my woorde tog maar opgeskrywe, mag hulle maar in ‘n boek opgeteken word—
[24]  met ‘n ystergriffel en lood—vir altyd in ‘n rots ingekap!
[25]  Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.
[26]  En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou;
[27]  Hom wat ék sal aanskou my ten goede, en my oë—en geen vreemde nie—sal sien, My niere versmag van verlange in my binneste.
[28]  As julle sê: Hoe sal ons hom vervolg, aangesien die wortel van die saak in hom gevind is! —
[29]  vrees dan vir die swaard, want grimmigheid is een van die oortredinge wat die swaard verdien, sodat julle kan weet dat daar ‘n oordeel is.