2015-06-05

Silwer Arme: JHWH Is My Helper


Ek was 'n muiteling onder U Oë
'n Gedrog in vlees en bloed en gedoë
Ek het gewandel soos een van die beeste
in velde van mirre en yssteen, 'n gekneusde
Ek was blind soos 'n stormwater boog
wat in alle rigtings geskiet het en droog
Ek het verstrik geraak in wêreldse ideë
en my plek so ingerig volgens hulle weë

Maar toe kom U, na vele dae
en slaan my met U vele vrae
Ek was soos 'n dooie voor U voete
my gelaat was geslote soos vele boeke
My ore het doof geraak deur U Stem
en my geluid het verander na 'n rem
U het uit U Hoë plek neergedaal
om vir 'n sondige soos ek, te kom vertaal

Met 'n vinnige swaai van U hand
is ek vervul met U Heilige toestand
U het my op my knieë gebring,
en ek het weer gestaan in U bewondering
My voorkoms het verander
in U ware Kennis en Wyse inkstander
Ek was volkome omring
deur U Waarheid en verowering

Dat U my so ag
om deel te wees van U prag
En my voete elke dag was
asof ek 'n edele kroon het van gesag
Dat U my so koester
asof ek die beste is uit U oeste
En tog is dit U wat Waardig is!
Terwyl ek maar net nog een van U are is

Jesaja 53:1-12
[1]  Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die HERE geopenbaar?
[2]  Hy tog het soos ‘n loot voor sy aangesig opgespruit en soos ‘n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie.
[3]  Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.
[4]  Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.
[5]  Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
[6]  Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.
[7]  Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders—ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie.
[8]  Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote—wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom.
[9]  En hulle het Hom sy graf by die goddelose gegee; en by ‘n ryke was Hy in sy dood, omdat Hy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in sy mond gewees het nie.
[10]  Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel ‘n skuldoffer aangebied het, sal Hy ‘n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal deur sy hand voorspoedig wees.
[11]  Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra.
[12]  Daarom sal Ek Hom ‘n deel gee onder die grotes, en met magtiges sal Hy buit verdeel; omdat Hy sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het.