Die Vier Boodskappe

Openbaring ontvang op 29 Mei 2010


Daar was drie Levitiese priesters gekleed in bruin en hulle het elke een 'n oop gevoude boek in hulle hande gehad.  Hulle het een vir een na vore gekom en 'n vers gegee.  Hulle het nie een keer op die boek gekyk nie, maar vooruit gestaar.  Hier is die verse/boodskappe:

Jesaja 6:9-13
[9]  En Hy het gespreek: Gaan sê aan hierdie volk: Hoor altyddeur, maar verstaan nie, en sien altyddeur, maar bemerk nie.
[10]  Maak die hart van hierdie volk vet en maak hulle ore swaar en bestryk hulle oë, sodat hulle nie sien met hul oë en met hul ore nie hoor en hul hart nie verstaan nie, en hulle hul nie bekeer en gesond word nie.
[11]  Toe sê ek: Hoe lank, Here? En Hy antwoord: Totdat die stede verwoes lê, sonder inwoners, en die huise sonder mense en die land verwoes is tot ‘n wildernis,
[12]  en die HERE die mense ver verwyder het en die verlatenheid groot is in die land.
[13]  En as nog ‘n tiende deel daarin is, sal dit weer wees tot verwoesting; maar soos by die terpentynboom en die eikeboom—as hulle omgekap word—’n stomp oorbly, so sal die heilige geslag die stomp daarvan wees.

Jesaja 16:1-14
[1]  Stuur die lammers van die regeerder van die land uit die rotsstreek weg na die woestyn, na die berg van die dogter van Sion.
[2]  En soos voëls wat vlug, ‘n nes wat verjaag is, sal die dogters van Moab wees by die driwwe van die Arnon.
[3]  Gee raad, gee beslissing, maak jou skaduwee soos die nag op die volle middag, verberg die wat verdryf is, verraai die vlugteling nie!
[4]  Laat my mense wat verdryf is, by jou vertoef! Aangaande Moab, wees vir hulle ‘n skuilplek vanweë die verwoester. Want gedaan is die verdrukker, klaar is dit met die verwoesting, weg is die vertrappers uit die land!
[5]  En opgerig is deur goedgunstigheid ‘n troon, en daarop sit een in getrouheid in Dawid se tent, ‘n regter wat die reg soek en gou is in geregtigheid.
[6]  Ons het gehoor van die trotsheid van Moab—hy is baie trots! —van sy hoogmoed en sy trotsheid en sy grimmigheid, sy onbehoorlike grootpratery.
[7]  Daarom sal Moab oor Moab huil, almal saam huil; oor die druiwekoeke van Kir-Haréset sal julle sug, heeltemal verslae.
[8]  Want die wingerde van Hesbon het verwelk; die wingerdstok van Sibma—sy edele druiwe het die beheersers van die nasies neergewerp; dit het gekom tot by Jaéser, dit het in die woestyn ingedwaal; sy ranke het uitgesprei, het oor die see gegaan.
[9]  Daarom beween ek die wingerdstok van Sibma met die geween van Jaéser; ek maak jou nat met my trane, Hesbon en Eleále, omdat die vreugdegeroep jou somervrugte en jou oes oorval het,
[10]  en vreugde en gejuig weggeneem is uit die vrugteboord, en in die wingerde nie gejubel of gejuig word nie; die druiwetrapper trap geen wyn in die parskuipe nie; Ek het die vreugdegeroep laat ophou.
[11]  Daarom klaag my ingewande oor Moab soos ‘n siter, en my binneste oor Kir-Heres.
[12]  En as Moab verskyn, as hy hom vermoei op die hoogte en in sy heiligdom ingaan om te aanbid, dan sal hy niks uitrig nie.
[13]  Dit is die woord wat die HERE tevore teen Moab gespreek het.
[14]  En nou spreek die HERE en sê: Binne drie jaar—soos die jare van ‘n dagloner—sal die heerlikheid van Moab veragtelik gemaak word saam met die hele groot menigte; en die oorblyfsel sal min, gering, onmagtig wees.

Jesaja 19:1-25
[1]  Godspraak oor Egipte. Kyk, die HERE ry op ‘n vinnige wolk en kom na Egipte toe; en die afgode van Egipte wankel voor sy aangesig, en die hart van Egipte smelt in sy binneste.
[2]  En Ek sal Egipte teen Egipte ophits, sodat hulle sal veg, elkeen teen sy broer en elkeen teen sy naaste, stad teen stad, koninkryk teen koninkryk.
[3]  En die gees van Egipte sal radeloos word in sy binneste, en sy planne sal Ek verwar; dan raadpleeg hulle die afgode en die besweerders en die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê.
[4]  En Ek sal Egipte oorgee in die hand van ‘n harde meester, en ‘n strenge koning sal oor hulle heers, spreek die Here HERE van die leërskare.
[5]  En die waters sal uit die groot waterplas verdwyn, en die rivier sal uitdroog en droog lê.
[6]  En die strome sal stink; die strome van Egipte sal swak word en uitdroog; riet en biesies sal verwelk.
[7]  Die weivelde by die Nyl, by die mond van die Nyl, en elke saailand van die Nyl sal verdor, verwaai en nie meer wees nie.
[8]  En die vissers sal klaag, en almal wat hoeke in die Nyl uitgooi, rou bedrywe; en die wat visnette uitsprei oor die waters, sal verkwyn.
[9]  En die bewerkers van uitgekamde vlas staan beskaamd, en die wewers van wit stowwe.
[10]  En sy steunpilare word verbrysel; almal wat vir loon werk, sielsbedroef.
[11]  Die vorste van Soan is net dwase, die raad van Farao se slimste raadgewers het domheid geword. Hoe kan julle vir Farao sê: Ek is ‘n seun van die wyse manne, ‘n seun van die konings uit die voortyd?
[12]  Waar is hulle dan, jou wyse manne? Laat hulle jou tog te kenne gee, dat ‘n mens kan weet wat die HERE van die leërskare oor Egipte besluit het.
[13]  Die vorste van Soan het dwase geword, die vorste van Nof is bedroë; Egipte is op ‘n dwaalweg gebring deur hulle wat die hoeksteen van die stamme is.
[14]  Die HERE het daarin ‘n gees van bedwelming gegiet, en Egipte is op ‘n dwaalweg gebring in al sy werk, soos ‘n dronkaard tuimel in sy uitbraaksel.
[15]  So is daar dan vir Egipte geen werk wat gedoen word deur kop of stert, palmtak of biesie nie.
[16]  In dié dag sal die Egiptenaars wees soos die vroue: hulle sal bewe en vrees vir die handgeswaai van die HERE van die leërskare wat Hy teen hulle swaai.
[17]  En die land Juda sal vir die Egiptenaars ‘n skrik wees: as iemand daarvan melding maak by hulle, bewe hulle vanweë die besluit van die HERE van die leërskare wat Hy teen hulle geneem het.
[18]  In dié dag sal daar vyf stede in Egipteland wees wat die taal van Kanaän spreek en by die HERE van die leërskare sweer; een sal genoem word: Stad van verwoesting.
[19]  In dié dag sal daar ‘n altaar wees vir die HERE binne-in Egipteland en ‘n gedenksteen vir die HERE by die grens.
[20]  En dit sal wees ‘n teken en ‘n getuie vir die HERE van die leërskare in Egipteland; as hulle die HERE aanroep vanweë die verdrukkers, sal Hy aan hulle ‘n redder stuur en ‘n stryder wat hulle sal verlos.
[21]  En die HERE sal Hom aan die Egiptenaars bekend maak, en die Egiptenaars sal die HERE ken in dié dag; en hulle sal Hom dien met slagoffers en spysoffers en geloftes doen aan die HERE en dit betaal.
[22]  En die HERE sal die Egiptenaars slaan, slaan en genees; en hulle sal hul tot die HERE bekeer, en Hy sal hulle verhoor en hulle genees.
[23]  In dié dag sal daar ‘n grootpad wees van Egipte na Assirië, en Assiriërs sal in Egipte kom en Egiptenaars in Assirië; en Egipte sal saam met Assirië die HERE dien.
[24]  In dié dag sal Israel die derde wees naas Egipte en Assirië, ‘n seën in die midde van die aarde,
[25]  omdat die HERE van die leërskare hom geseën het, met die woorde: Geseënd is my volk Egipte en my maaksel Assirië en my erfdeel Israel!

Maleági 3:1-18
[1]  Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ‘n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die HERE van die leërskare.
[2]  Maar wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? Want Hy sal wees soos die vuur van die smelter en soos die loog van die wassers.
[3]  En Hy sal sit: ‘n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan die HERE in geregtigheid ‘n offer sal bring.
[4]  Dan sal die offer van Juda en Jerusalem vir die HERE aangenaam wees soos in die ou dae en soos in die jare van die voortyd.
[5]  En Ek sal tot julle nader om strafgerig te hou, en Ek sal ‘n haastige getuie wees teen die towenaars en teen die egbrekers en teen die meinediges en teen die wat die dagloner in sy loon, die weduwee en die wees verdruk; en teen die wat die vreemdeling wegstoot en My nie vrees nie, sê die HERE van die leërskare.
[6]  Want Ek, die HERE, het nie verander nie; en julle, kinders van Jakob, is nie verteer nie.
[7]  Sedert die dae van julle vaders het julle van my insettinge afgewyk en dit nie onderhou nie. Keer terug na My, en Ek wil na julle terugkeer, sê die HERE van die leërskare. Maar julle vra: Waarin moet ons terugkeer?
[8]  Mag ‘n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.
[9]  Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie!
[10]  Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie.
[11]  Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrings van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, sê die HERE van die leërskare.
[12]  En al die nasies sal julle gelukkig prys, omdat julle die land van welbehae sal wees, sê die HERE van die leërskare.
[13]  Vermetel is julle woorde teen My, sê die HERE. Maar julle vra: Wat het ons onder mekaar teen U gespreek?
[14]  Julle het gesê: Dit is tevergeefs om God te dien, en wat baat dit ons om sy verordening te onderhou en in rouklere voor die aangesig van die HERE van die leërskare te wandel?
[15]  En nou prys ons die vermeteles gelukkig; nie alleen word die wat goddeloosheid bedrywe, gebou nie, maar hulle versoek God en raak vry!
[16]  Toe het die wat die HERE vrees, met mekaar gespreek; en die HERE het dit opgemerk en gehoor, en daar is ‘n gedenkboek voor sy aangesig geskrywe vir die wat die HERE vrees en sy Naam eer.
[17]  En hulle sal My tot ‘n eiendom wees, sê die HERE van die leërskare, op die dag wat Ek skep, en Ek sal met hulle medelyde hê soos ‘n man medelyde het met sy seun wat hom dien.
[18]  Dan sal julle weer die onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose, tussen die wat God dien en die wat Hom nie dien nie.