2015-07-30

Jesúrun

Jesaja 44:1-28
[1]  Maar luister nou, my kneg Jakob, en Israel wat Ek uitverkies het!
[2]  So sê die HERE, jou Maker en jou Formeerder van die moederskoot af, wat jou help: Wees nie bevrees nie, Jakob, my kneg, en Jesúrun wat Ek uitverkies het!
[3]  Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge.
[4]  En hulle sal uitspruit tussen die gras in, soos wilgerbome by waterlope.
[5]  Die een sal sê: Ek behoort aan die HERE; en die ander sal die naam van Jakob uitroep; en die ander sal met sy hand skrywe: Ek behoort aan die HERE, en hom met die erenaam Israel noem.
[6]  So sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie.
[7]  En wie roep soos Ek—laat hom dit dan te kenne gee en aan My voorlê—vandat Ek die volk van die ou tyd gegrond het? En laat hulle die toekomstige dinge en wat sal gebeur, te kenne gee.

Hosanna! U Alleen


Heimwee, heimwee
Net soos 'n troetel kind
Ag nee, ag nee
Ek voel my so verslind
Op heuwel torings
Tussen gladde dorings
Op sink sand se bodems
Lê my skoene in berowings

O, Heimwee, heimwee
Maar nie na die verlede
Wel na U Huis wat vrede gee
Wel in U toestand se gewete
Op wolke van dou
Met elke tree na Jou
In elke poging, al is dit geknou
Ja, want alleen U kan my behou

Heimwee, heimwee
Ag, was dit al gedaan
Dan kon ek tenminste iets gee
Ag, al was dit net nog 'n traan
Sodat ek weer kan terugkeer
By my Soort daar Bo, daar by U sfeer
U Gesig, aanskoulik, terwyl ons rustig kalibreer
By U, wat my gebaar het, deur en deur


Psalms 118:1-29
[1]  Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!
[2]  Laat Israel dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!
[3]  Laat die huis van Aäron dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!
[4]  Laat die wat die HERE vrees, dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!
[5]  Uit die benoudheid het ek die HERE aangeroep; die HERE het my verhoor in die ruimte.
[6]  Die HERE is vír my; ek sal nie vrees nie: wat kan ‘n mens my doen?
[7]  Die HERE is vír my as my helper; so sal ék dan neersien op die wat my haat.

2015-07-26

Geregtigheid en Reg: YHWH Is God - Wie Is Soos Hy?


"Geregtigheid en reg is die grondslag van u troon; 
goedertierenheid en trou gaan voor u aangesig uit."

Psalms 89:1-52
[1]  ‘n Onderwysing van Etan, die Esrahiet. (89:2) Die goedertierenhede van die HERE wil ek vir ewig besing; ek wil u trou bekend maak met my mond van geslag tot geslag.
[2]  (89:3) Want ek het gesê: Goedertierenheid sal vir ewig gebou word; in die hemele—daar bevestig U u trou.
[3]  (89:4) Ek het ‘n verbond gesluit met my uitverkorene, met ‘n eed aan Dawid, my kneg, belowe:
[4]  (89:5) Tot in ewigheid sal Ek jou nageslag bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag. Sela.
[5]  (89:6) En die hemele loof u wondermag, o HERE, ook u trou in die vergadering van die heiliges.
[6]  (89:7) Want wie kan in die hemel met die HERE vergelyk word? Wie is soos die HERE onder die hemelinge,
[7]  (89:8) ‘n God grootliks gedug in die raad van die heiliges en vreeslik bo almal wat rondom Hom is?

2015-07-25

100 Jaar Oorlog


Matthéüs 23:1-39
[1]  Toe het Jesus die skare en sy dissipels toegespreek
[2]  en gesê: Die skrifgeleerdes en die Fariseërs sit op die stoel van Moses.
[3]  Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie.
[4]  Want hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met hulle vinger verroer nie.
[5]  En hulle doen al hul werke om deur die mense gesien te word, en hulle maak hul gedenkseëls breed en die some van hul klere groot.
[6]  En hulle hou van die voorste plekke by die maaltye en die voorste banke in die sinagoges
[7]  en die begroetinge op die markte en om deur die mense genoem te word: Rabbi, Rabbi!

Wees Heilig, Want YHWH Is Heilig

Nehemía 8:1-18
[1]  (8:2) het die hele volk soos een man op die plein voor die Waterpoort bymekaargekom en aan Esra, die skrifgeleerde, gesê om die boek van die wet van Moses, wat die HERE Israel beveel het, te bring.
[2]  (8:3) En Esra, die priester, het die wet voor die vergadering gebring, manne sowel as vroue en almal wat met verstand kon luister, op die eerste dag van die sewende maand.
[3]  (8:4) En hy het daaruit voorgelees voor die plein wat voor die Waterpoort was, vandat dit lig geword het tot die middag, in teenwoordigheid van die manne en die vroue en die wat kon verstaan; en die ore van die hele volk was op die wetboek gerig.
[4]  (8:5) En Esra, die skrifgeleerde, het op ‘n houtverhoog gestaan wat hulle vir die geleentheid gemaak het, en langs hom het aan sy regterhand gestaan: Mattítja en Sema en Anája en Uría en Hilkía en Maäséja; en aan sy linkerhand: Pedája en Mísael en Malkía en Hasum en Hasbaddána, Sagaría, Mesúllam.
[5]  (8:6) En Esra het die boek oopgemaak voor die oë van die hele volk, want hy het bokant die hele volk gestaan; en toe hy dit oopmaak, het die hele volk opgestaan.
[6]  (8:7) En Esra het die HERE, die grote God, geloof, en die hele volk het geantwoord: Amen, amen! met opheffing van hulle hande; en hulle het hul gebuig en die HERE aanbid met die aangesig na die aarde toe.
[7]  (8:8) En Jésua en Bani en Serébja, Jamin, Akkub, Sábbetai, Hodía, Maäséja, Kelíta, Asárja, Jósabad, Hanan, Pelája en die Leviete het die volk in die wet onderrig, onderwyl die volk op hulle plek bly staan.

2015-07-24

Oorlog Is Op Hande


Kyk! die vlieëniers van die Kaap
Hulle swoeg met 'n kou wat gaap
Nie hier nie, en nie daar nie!
Maar orals staan hulle naak

Kyk! die wingerde van die Oos
Lê bleik en gerinneweer en broos
Nie bo nie, en nie onder nie!
Maar orals is dit kaal en uitsigloos

Kyk! die winde van die Woestyn
Dit rinkink met stof en dronk wyn
Nie links nie, en nie regs nie!
Maar orals slaan dit die konyn

Die jag van 'n jakkals
Wat wegkruip in sy rinkhals
Hy het tenminste 'n plek
Maar sy voetspore lê in drek

Kyk! en besef die klopjag
Sonder vlag of skrop lag
Vinnig en gedeë
Vang hy sy prooi soos aan hom gegee

Psalms 18:1-50
[1]  Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid, die kneg van die HERE, wat die woorde van hierdie lied tot die HERE gespreek het op die dag toe die HERE hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul. (18:2) En hy het gesê: Ek het U hartlik lief, HERE, my sterkte.
[2]  (18:3) Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.
[3]  (18:4) Ek roep die HERE aan wat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos.
[4]  (18:5) Bande van die dood het my omring, en strome van onheil het my oorval.
[5]  (18:6) Bande van die doderyk was rondom my; strikke van die dood het my teëgekom.
[6]  (18:7) Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom.
[7]  (18:8) Toe het die aarde geskud en gebewe; die fondamente van die berge het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was.

2015-07-23

Vlerke

Jesaja 42:1-25
[1]  Daar is my Kneg wat Ek ondersteun, my Uitverkorene in wie my siel ‘n welbehae het. Ek het my Gees op Hom gelê; Hy sal die reg na die nasies uitbring.
[2]  Hy sal nie skreeu of uitroep of sy stem op die straat laat hoor nie.
[3]  Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie; met getrouheid sal Hy die reg uitbring.
[4]  Hy sal nie dof brand of geknak word, totdat Hy die reg op aarde gegrond het nie; en die eilande wag op sy leer.
[5]  So sê God, die HERE, wat die hemele geskape en hulle uitgesprei het, die aarde uitgespan het saam met wat daaruit voortkom, wat aan die aardbewoners die asem gee en die gees aan wie daarop wandel:
[6]  Ek, die HERE, het U geroep in geregtigheid, en Ek vat u hand en behoed U en gee U as ‘n verbond van die volk, as ‘n lig van die nasies,
[7]  om blinde oë te open; om gevangenes uit die kerker uit te lei, uit die gevangenis diegene wat in die duisternis sit.

2015-07-22

Om In Gees En Waarheid Te Dien


Jesaja 8:1-22
[1]  Verder het die HERE aan my gesê: Neem vir jou ‘n groot tafel en skrywe daarop met ‘n mensegriffel: Netnou is daar buit, gou is daar roof;
[2]  en Ek wil vir My vertroubare getuies neem: Uría, die priester, en Sagaría, die seun van Jeberégja.
[3]  En ek het na die profetes gekom, en sy het swanger geword en ‘n seun gebaar; en die HERE het vir my gesê: Noem hom: Netnou is daar buit, gou is daar roof.
[4]  Want voordat die seuntjie kan roep: Vader! of: Moeder! sal hulle die rykdom van Damaskus en die buit van Samaría voor die koning van Assur bring.
[5]  Verder het die HERE nog met my gespreek en gesê:
[6]  Omdat hierdie volk die waters van Silóa verag wat saggies vloei, en daar vreugde is saam met Resin en die seun van Remália—
[7]  kyk, daarom sal die Here oor hulle laat opkom die sterk en magtige waters van die Eufraat—die koning van Assur en al sy heerlikheid—en hy sal bo al sy beddings styg en gaan oor al sy walle;

2015-07-21

Die Wêreld Is Stukkend


Die wêreld is stukkend
Gebroke en blaak
Ineengesinkte en hurkend
Invasie van 'n sieklike kraak
Hoes en proes
Braak, braak, braak
Die wêreld is stukkend
Hoe kan jy nog sê dis volmaak??

Ag, skilfer ogies
Maak net tog jou verhemelte nat
Miskien kan jy dan iets poog deur jou emosies
Vergeet van jou papier, klere en pak
En staan op die punt van die berg se stoepies
En kyk hoe lyk die tuin voor jou dak
Wat gil daar in die verre groepies?
Is dit nie jou volmaakte koggel grap?

Die wêreld is stukkend
Gebroke en blaak
Ineengesinkte en hurkend
Invasie van 'n sieklike kraak
Hoes en proes
Braak, braak, braak
Die wêreld is stukkend
Hoe kan jy nog sê dis volmaak??

2015-07-17

Bemoediging In Moeilike Tye


Jy Staan

Jy staan in die daglig
Met jou hoed onder die brandstig
Jy staan in die maanlig
Met jou skoene in 'n skaal wig
Jy staan in die sonlig
Met jou riem om jou aangesig
Jy staan in die donkerste brug
Met jou oë op My gerig

Staan...

Nehemía 4:14-23
[14]  En ek het dit gesien en my opgerig en aan die edeles en die leiers en die ander mense gesê: Julle moet nie bang wees vir hulle nie; dink aan die grote en gedugte HERE, en veg vir julle broers, julle seuns en julle dogters, julle vroue en julle huise.
[15]  En toe ons vyande hoor dat dit aan ons bekend geword het, en God hulle plan verydel het, het ons almal teruggegaan na die muur, elkeen na sy werk.
[16]  En van dié dag af was die helfte van my mense besig met die werk, en die ander helfte het die spiese en die skilde en die boë en die pantsers gehou, terwyl die owerstes agter die hele huis van Juda gestaan het.
[17]  Van die bouers aan die muur het die lasdraers hulle werk so gedoen dat hulle met die een hand die werk verrig het, terwyl die ander hand die werpspies vashou,
[18]  en die bouers het elkeen sy swaard aan sy heupe gegord en gebou, terwyl die basuinblaser by my gestaan het.
[19]  En ek het aan die edeles en die leiers en die ander mense gesê: Die werk is groot en uitgestrek, en ons is uitmekaar op die muur, die een ver van die ander af.
[20]  Op die plek waar julle die geluid van die basuin hoor, daar moet julle by ons bymekaarkom; onse God sal vir ons stry.
[21]  En ons het die werk gedoen, terwyl die helfte van hulle die spiese vashou vandat die rooidag uitkom totdat die sterre verskyn.
[22]  Ook het ek in dié tyd aan die volk gesê: Elkeen moet met sy kneg binnekant Jerusalem vernag, sodat hulle vir ons in die nag ‘n wag kan wees en oordag ‘n werkkrag.
[23]  Maar ek self en my broers en my mense en die manne van die wag wat my gevolg het, het nooit ons klere uitgetrek nie—elkeen met sy wapen en water.

2015-07-16

Donkerte


Eksodus 10:1-29
[1]  Verder het die HERE vir Moses gesê: Gaan na Farao toe, want Ék het sy hart verhard, ook die hart van sy dienaars, sodat Ek hierdie tekens van My onder hulle kan verrig,
[2]  en dat jy voor die ore van jou kind en jou kindskind kan vertel wat Ek Egipte aangedoen het, en my tekens wat Ek onder hulle gedoen het, dat julle kan weet dat Ek die HERE is.
[3]  Toe gaan Moses en Aäron na Farao, en hulle sê vir hom: So spreek die HERE, die God van die Hebreërs: Hoe lank weier jy om jou voor My te verootmoedig? Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.
[4]  Want as jy weier om my volk te laat trek, kyk, dan bring Ek môre sprinkane in jou grondgebied,
[5]  en hulle sal die oppervlakte van die land oordek, sodat ‘n mens die land nie sal kan sien nie. En hulle sal die oorblyfsel afeet van wat gered is, wat vir julle van die hael oorgebly het; en al die bome wat vir julle uit die veld opgroei, sal hulle afeet.
[6]  En jou huise en die huise van al jou dienaars en die huise van al die Egiptenaars sal vol van hulle wees—soos jou vaders en die vaders van jou vaders nie gesien het van die dag af dat hulle op die aarde gewees het tot vandag toe nie. Daarop het hy omgedraai en van Farao af weggegaan.
[7]  Toe vra Farao se dienaars vir hom: Hoe lank sal die man vir ons ‘n strik wees? Laat die manne trek, dat hulle die HERE hulle God kan dien. Weet u nog nie dat Egipte te gronde gaan nie?

2015-07-14

Suid-Afrika: Hoor, Hoor! Die Meetstok Van Die Heer


Ek sif jou, O, Suid-Afrika
Ek sif jou net daar waar jy sta
Ek sif jou Suidlanders en kie
Ek sif jou Dogter van Sion en jou wiggie

Ek skeer jou skoon
Ek maak jou vroom
Ek gee vir jou olie
Ek begeer jou harmonie

Ek sif jou Afrikaner
Ek sif jou Boer
Ek sif jou kinderkamer
Ek sif jou snoer

Ek breek jou hoogmoed dag en nag
Ek verswak jou eie ellendige mag
Ek boor deur jou astrante lag
En vervang jou besoedelde vlag

Ek sif jou khoisan
Ek sif jou swartman
Ek sif jou nalatenskap
Ek sif jou heeltemal en met gemak

Ek gee vir jou aloë blare
Ek tel jou hele garing drade
Ek vee jou met karring melk
Ek besoek jou in jou eie kelk

Ek sif julle almal
Ek sif julle kaal
Ek sif julle saam
Ek sif julle in totaal

Jesaja 37:1-38
[1]  En toe koning Hiskía dit hoor, het hy sy klere geskeur en hom met ‘n roukleed bedek en in die huis van die HERE gegaan.
[2]  Daarna stuur hy Éljakim, wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en die oudstes van die priesters, met rouklere bedek, na die profeet Jesaja, die seun van Amos.
[3]  En hulle sê vir hom: So sê Hiskía: Vandag is ‘n dag van benoudheid en straf en lastering; want die kinders het tot by die geboorte gekom, maar daar is geen krag om te baar nie.
[4]  Miskien sal die HERE u God die woorde hoor van die rábsake wat deur sy heer, die koning van Assirië, gestuur is om die lewende God te smaad, en sal Hy hom straf oor die woorde wat die HERE u God gehoor het; hef dan ‘n gebed op vir die oorblyfsel wat nog aanwesig is.
[5]  En toe die dienaars van koning Hiskía by Jesaja kom,
[6]  sê Jesaja vir hulle: So moet julle jul heer antwoord: So spreek die HERE: Vrees nie vir die woorde wat jy gehoor het, waarmee die dienaars van die koning van Assirië My gelaster het nie.
[7]  Kyk, Ek sal ‘n gees in hom gee, dat hy ‘n gerug hoor en na sy land terugtrek; en Ek sal hom in sy land deur die swaard laat val.

Eerbiedigheid: Hy Wag - JHWH Se Ontferming


Waar is eerbiedigheid in vandag se lewe?  Bestaan dit nog?  Of is dit 'n verlate boek wat onder die stof verdwyn het?  As ons weet waar ons Hulp vandaan kom, hoekom weet ons dan so weinig van die werkwoord, wat "eerbied" genoem word?

Ons lees in Hebreërs 12:28
"Daarom, omdat ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees."

En op 'n ander plek lees ons weer, 1 Timótheüs 5:4
"Maar as ‘n weduwee kinders of kleinkinders het, laat hulle eers leer om teenoor hulle eie huis eerbied te betoon en vergelding te doen aan hulle ouers; want dit is goed en aangenaam voor God."

In ons huidige sfeer, het ons hierdie gawe verloor.  Tydens ons goeie jare, het ons van die pad af gedwaal, opsoek na die wêreld se tradisies.  Ons het ons rug op God  en op ons naaste gekeer en gesmag na verheerliking tussen die vreemdes.

Ons was nie tevrede met die oorvloed in geregtigheid, wat Hy na ons kuste gebring het nie.  Ons wou meer hê, meer versamel en meer dronk raak van die onbesnedenes van hart.  Ons wou net soos die res wees.  Ons het ons Maker verlaat vir 'n vreemde man en vrou, want ons het verveeld geraak met Sy toegewyde liefde, opregtheid, regverdigheid en toesig.  Ons wou 'n ander koning hê.  Een wat ons kan aanraak en sien in die vlees, want die Geestelike verhouding het toe alreeds begin te verdor, vanweë ons begeertes vir die vleeslike en tydelike plesier.

En ons is vandag weer in die woestyn.  Ons voel verlate.  Ons is slawe van ons eie keuses.  Ons staan naak gestroop van alles en ons kuste het verdor, want daar is geen genesing vir ons nie.  Ons minnaars het ons verkoop aan andere, nadat hulle ons misbruik, mishandel en leeg gestroop het.  Ons word nou verneder en toegesnou.  Ons word gespot en verstoot.  Ons het weduwees en wewenaars geword en ons kinders het ouerloos geraak.

Maar ondanks ons rondlopery.  Ondanks ons afvalligheid en ons afgodery, wag Hy nog steeds op ons.  Hy hou die deur oop.  Hy maak die tafel gereed en die beker word vol geskink.  Hy is besig met 'n voorbereiding, om 'n heildronk te maak, en om weereens 'n verlore volk terug te verwelkom.

Hy wag...

Psalms 113:1-9
[1]  Halleluja! Loof, o knegte van die HERE, loof die Naam van die HERE!
[2]  Laat die Naam van die HERE geprys word, van nou af tot in ewigheid!
[3]  Van die opgang van die son tot by sy ondergang moet die Naam van die HERE geloof word!
[4]  Die HERE is hoog bo al die nasies; bo die hemele is sy heerlikheid.
[5]  Wie is soos die HERE onse God, wat hoog woon,
[6]  wat laag neersien, in die hemel en op die aarde?
[7]  Wat die geringe uit die stof oprig, die behoeftige van die ashoop af verhef;
[8]  om hom te laat sit by die edeles, by die edeles van sy volk.
[9]  Wat die onvrugbare van die huis laat woon—’n blye moeder van kinders. Halleluja!

2015-07-13

Die Verskil Tussen Jakob en Israel

Jesaja 43:1-28
[1]  Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!
[2]  As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.
[3]  Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.
[4]  Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.
[5]  Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af.
[6]  Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af,
[7]  elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het.

Boodskap In Die Vorm Van 'n Stoel: JHWH Regeer


Skryf en gee dit vir nou:
Al staan julle vas op julle huidige pas
En al skree julle gas op julle huidige graf
Ek gee julle nie oor aan 'n wilde aasvoël
Maar gee nuwe wyn vir julle siele se saadkool
Ek breek die dam weg van sy plek in die son
En skree teen die lugstroom 'n klank van beton
Julle skaamtelose gedrag word geopenbaar met mag
En met stokke en sekels sal julle 'n tuin vir My plant

Julle dogters en seuns sal as dienaars wees
Maar nie vir vreemdes of inboorlinge se gees
Maar as knegte in hulle eie huis
En met My gesegde sal hulle vergruis
Elke onreine ding en naakte leuen
En met hulle voete sal die aarde van dreun
Julle oudstes sal as versorgers optree
En julle mans en vrouens sal met genoeë dit betree

Kaalstropers en mot of vlieg
Sal wegkwyn sonder gerief
En 'n arrestasie van selfaangestelde leiers
Sal met een maatstaf rond wieg
En hulle sal aan niks uitvoering kan gee of beplan
Want sonder My aanwysings, is hulle tog al geen span
Maar onbekende, minderwaardige geselskap
Sal die voorbeeld in kom neem met volle trap
Om die hoogmoedige te verlaag in sy eie hangmat

2015-07-12

Eiendomsreg: JHWH - Die Maker Van Alles


Wat sê jy daar?
Wat wil jy nou kom verklaar?
Met 'n bedorwe stuk papier
Met jou pen en jou gier
Met reëls van basterdom
En 'n koeël vir die lugballon
Met jou verlate begeerte van 'n eie som
Met 'n selfaangestelde wisselkoers
Vir wie wil jy nou voorsê met jou amandel mousse?

Kyk, laat dit duidelik verstaan word:
Niemand besit 'n ander of hul platte gord
Jou eie "ek" staan dronk in wandel
En met jou kreet verwyder jy die angel
Maar die gif is al in die are
Deur jou doen en late
Maar self dink jy dis net genade
Terwyl jou ander poot die res sien as vergaande
Skud jouself wakker en mor oor jou eie dade

Kyk, daar kom 'n tyd en dit is nou:
Want elke liewe een sal self hulle toekoms bou
Nie meer afhanklik van 'n ander se klou
En met net God as Heerser en  Bouer van blou
So sal elke liewe een sy of haar kant moet bring
En voordat die son vir die soveelste keer sak en uitkring
So sal dit dan gaan vir elke kind in hierdie ding
Saai sal jy saai, en maai sal jy maai
Maar elke dag sal wees soos 'n gebed wat draai en draai

Sagaria 7:1-14
[1]  En in die vierde jaar van koning Daríus het die woord van die HERE tot Sagaría gekom, op die vierde dag van die negende maand, in die maand Kislew.
[2]  Bet-el het toe Saréser en Regem-Meleg met sy manne gestuur om die aangesig van die HERE om genade te smeek
[3]  deur aan die priesters wat by die huis van die HERE van die leërskare was, en aan die profete die vraag te stel: Moet ek in die vyfde maand ween met vas soos ek nou al so baie jare gedoen het?
[4]  Daarop het die woord van die HERE van die leërskare tot my gekom en gesê:
[5]  Spreek tot die hele volk van die land en tot die priesters dit: As julle, nou sewentig jaar lank, in die vyfde en in die sewende maand gevas en getreur het, het julle toe werklik ter wille van My gevas?
[6]  En as julle eet en as julle drink, is dit dan nie júlle wat eet en júlle wat drink nie?
[7]  Is dit nie so met die woorde wat die HERE deur die diens van die vroeëre profete verkondig het nie, toe Jerusalem en sy omliggende stede nog bewoond en rustig was, en ook die Suidland en die Laeveld nog bewoond was?

2015-07-11

Gelouter: Die Groot Skoonmaak van JHWH-Jireh


Hemel geboë, astrante geoloë
Jammer-bende, in slinkse rebelle
Pardon moi s'il vous plaît
Kannst du Herren vorspiegeln machen?
In al julle spelonke en stille lê
Kronkel julle heiligdom met wilde galge

Dankeschön, ich kann nicht lügen
Waar kom al hierdie verwarde kastele?
Op heuwels gekelk, en gekastreer in melk?
Is dit julle eie, of van 'n ander een gesteel?
Het julle dit self bemagtig, of van 'n ander een geleen?
Allemagtig en blou, so baie jammer is dit nou

Vee met 'n besem, maar daar is geen lesing
Vee met 'n skuit, maar daar is geen geluid
Slaan met 'n hamer, maar daar is geen kamer
Skree met 'n stem, maar daar is geen klem
Stamp met jou voete, maar daar is geen woede
Verf met jou vingers, maar daar is geen klinkers

Hemel geboë, astrante geoloë
Jammer-bende, in slinkse rebelle
Pardon moi s'il vous plaît
Kannst du Herren vorspiegeln machen?
In al julle spelonke en stille lê
Kronkel julle heiligdom met wilde galge



Matthéüs 3:1-17
[1]  In daardie dae het Johannes die Doper opgetree en in die woestyn van Judéa
[2]  gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
[3]  Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!
[4]  En hy, Johannes, het ‘n kleed gedra van kameelhare en ‘n leergord om sy heupe, en sy voedsel was sprinkane en wilde heuning.
[5]  En Jerusalem en die hele Judéa en die hele omtrek van die Jordaan het uitgegaan na hom toe.
[6]  En hulle is deur hom in die Jordaan gedoop met belydenis van hulle sondes.
[7]  Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?

2015-07-08

JHWH Boek Van Die Lewe en Herinnering



'n Boek word geskrywe
deur U Naam as Getuie

'n Boek word geopen
vir U Lam se Tye

'n Boek word gedip
met U Vinger se geluide

U skryf U Boek
op die harte van blye

U skryf daarin
"Vir My Naam, Vir My Bevryde"

Maleági 3:1-18
[1]  Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ‘n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die HERE van die leërskare.
[2]  Maar wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? Want Hy sal wees soos die vuur van die smelter en soos die loog van die wassers.
[3]  En Hy sal sit: ‘n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan die HERE in geregtigheid ‘n offer sal bring.
[4]  Dan sal die offer van Juda en Jerusalem vir die HERE aangenaam wees soos in die ou dae en soos in die jare van die voortyd.
[5]  En Ek sal tot julle nader om strafgerig te hou, en Ek sal ‘n haastige getuie wees teen die towenaars en teen die egbrekers en teen die meinediges en teen die wat die dagloner in sy loon, die weduwee en die wees verdruk; en teen die wat die vreemdeling wegstoot en My nie vrees nie, sê die HERE van die leërskare.
[6]  Want Ek, die HERE, het nie verander nie; en julle, kinders van Jakob, is nie verteer nie.
[7]  Sedert die dae van julle vaders het julle van my insettinge afgewyk en dit nie onderhou nie. Keer terug na My, en Ek wil na julle terugkeer, sê die HERE van die leërskare. Maar julle vra: Waarin moet ons terugkeer?

2015-07-06

Berg Van JHWH-Jireh


"Maar hy antwoord: Vrees nie; want die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is."

Regverdige Woede

'n Tafel van pensioene
gerafel vir die biljoene
'n Siek skip van triljoene
verpag saam met spioene

Woede oor die oneer
Woede oor die vrot leer
Woede oor die onregverdigheid
Woede van God oor die nalatigheid

Yster staf swaai soos Hy draai
Septer in Regter Hand en konstant
Van Regs na Links
Gooi die Regter Sy Sfinks
Sy raaisel is vir hierdies
wat die mense laat skree, histeries

'n Steen van klap geluide
trap oor die globale aarbeie
Armes word gered en uit geruk
en rykes moet in die grond stink

Woede oor die valse verering
Woede oor die onderdrukking
Woede oor die verminking
Woede van God oor die wêreldling


Openbaring Van Instruksies

U openbaar waar die mense by baat
U verklaar sodat die enkeling nie kan vergaan
U barensnood bewys U togte met die Kruis
Hoe kan die wêreldling hierdie brief tog vergruis?
U sê: "Bewaar My Gebooie"
en die kinders word soos gelooide
Op 'n ander plek verklaar U weer:
"Hoekom noem julle My Heer,
maar doen nie wat Ek julle leer?"

Kastrasie van 'n klip hart
En in ruil daarvoor, 'n sagte blad
Met daarop geskrywe:
"Ek sal jou laat loop in tye,
In My paaie en weë"
En vir die aparteling
Het U 'n voorkeur
En met U regterhandeling
Gee U 'n geopende Deur

2 Konings 1:1-18
[1]  En Moab het na die dood van Agab van Israel afvallig geword.
[2]  En Ahásia het deur die tralievenster in sy bo-kamer, in Samaría, geval en siek geword. Toe stuur hy boodskappers uit en sê vir hulle: Gaan raadpleeg Baäl-Sebub, die god van Ekron, of ek van hierdie siekte gesond sal word.
[3]  Maar die Engel van die HERE het vir Elía, die Tisbiet, gesê: Maak jou klaar, gaan op, die boodskappers van die koning van Samaría tegemoet, en spreek met hulle: Gaan julle, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg?
[4]  Daarom dan, so sê die HERE: Van die bed waar jy op geklim het, sal jy nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe. En Elía het gegaan.
[5]  En toe die boodskappers by hom terugkom, sê hy vir hulle: Waarom kom julle nou terug?
[6]  En hulle antwoord hom: ‘n Man het opgekom ons tegemoet en aan ons gesê: Gaan terug na die koning wat julle gestuur het, en spreek met hom: So sê die HERE: Stuur jy, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg? Daarom sal jy van die bed waar jy op geklim het, nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe.
[7]  Daarop sê hy vir hulle: Hoe was die voorkoms van die man wat opgekom het julle tegemoet en hierdie woorde met julle gespreek het?

2015-07-04

Droogte

Jeremia 14:1-22
[1]  Die woord van die HERE wat tot Jeremia gekom het weens die groot droogte.
[2]  Juda treur en sy poorte verval; hulle sit in rou op die grond, en die geskreeu van Jerusalem gaan op.
[3]  En die vernames onder hulle stuur hulle ondergeskiktes na die water; hulle kom by die bakke, hulle kry geen water nie; leeg kom hulle kanne terug; hulle het beskaamd gestaan en in die skande gekom en bedek hulle hoof.
[4]  Weens die land wat verslae is, omdat daar geen reën op die aarde is nie, kom die landbouers in die skande, hulle bedek hulle hoof.
[5]  Want selfs die wildsbok in die veld lam en gooi haar lam weg, omdat daar geen jong gras is nie.
[6]  En wilde-esels staan op die kaal heuwels, hulle snuif die wind op soos die jakkalse; hulle oë versmag, omdat daar geen gras is nie.
[7]  Hoewel ons ongeregtighede teen ons getuig, o HERE, doen dit om u Naam ontwil; want ons afkerighede is baie, ons het teen U gesondig.

2015-07-01

JHWH is My Toevlugsoord


Ek dra jou op die Hande
Jou voet stamp nie teen die wande
Ek vertroos jou gebroke Hart
Jou siel vind rus binne in My, Skat
Al val die deure van mense op jou aangesig
En al stamp hulle jou van een kant tot die ander kant se lig
In My Hande, dra ek jou
My septer swaai en verdring die kou

Ek dra jou in My Arms
Jou liggaam is veilig in My Varings
Ek giet jou beker vol
Jou gees vind haar krag in My Wol
Al keer die mens hulle rugge op jou
En al vermaan hulle jou met woorde van flou
In My Hart, dra Ek jou heeltemal
My Krag sal vertel word deur jou oë, jou leefstyl met welgeval

Ek dra jou op die Voete
Jou lyding word gesien met groete
Ek maak jou pad breed
Jou stappe is onkenbaar geleerd
En al slaan die verstotelinge jou met spottery
En gooi alle soort agtervolging in sotterny
In My Huis, is jou standvastigheid
Met My spies en swaard, laat Ek die bose geld tot verlatenheid

Matthéüs 4:1-25
[1]  Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel.
[2]  En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword.
[3]  En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word.
[4]  Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
[5]  Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan
[6]  en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ‘n klip stamp nie.
[7]  Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.

Bekering tot JHWH


Maleági 1:1-14
[1]  Godspraak. Die woord van die HERE aan Israel deur die diens van Maleági.
[2]  Ek het julle liefgehad, sê die HERE. Nogtans vra julle: Waarin het U ons liefgehad? Is Esau nie die broer van Jakob nie? spreek die HERE. Tog het Ek Jakob liefgehad,
[3]  maar Esau het Ek gehaat en sy gebergte ‘n wildernis gemaak en sy erfdeel aan die jakkalse van die woestyn prysgegee.
[4]  As Edom sê: Ons is wel verwoes, maar ons sal die puinhope weer opbou—dan sê die HERE van die leërskare dit: Laat hulle bou, Ek breek dit tog af; en die mense sal hulle noem: Grondgebied van goddeloosheid, en: Die volk waarop die HERE vertoornd is tot in ewigheid!
[5]  En julle oë sal dit aanskou, en julle sal sê: Groot is die HERE oor die gebied van Israel!
[6]  ‘n Seun eer die vader, en ‘n kneg sy heer. As Ek dan ‘n Vader is, waar is my eer? En as Ek ‘n Heer is, waar is die vrees vir My? sê die HERE van die leërskare aan julle, o priesters, wat my Naam verag! Maar julle sê: Waardeur het ons u Naam verag?
[7]  Julle bring spys wat verontreinig is, op my altaar, en dan vra julle: Waardeur het ons U verontreinig? Deurdat julle sê: Die tafel van die HERE is veragtelik.