2015-06-13

Toe Ek Jou Gebaar Het: JHWH is Liefde


Jy was My enkeling
tussen vele landerye en krone

'n Vreugde van boë en behoue
tussen aandwandelinge gebore

Ek het jou beklee
met armbande van prag en stene

Vir jou voete 'n goue poort
waarop jy kon dans met vele

My wingerd was jou eiendom
en My kudde, jou rivier se stroming

Die stelsel van die Hemele
was jou sang se beloning

Ek het jou lief gehad
soos somervrugte by haar opkoms

En met vrugbare akkers
was Ek jou metgesel van herkoms

O, Dierbare van My hart
Ek mis jou met al My krag

Die son en sy ritme
verberg My eensame lag

My gunsteling gedagte
is saam met jou waar jy ook al is

Want toe Ek jou gebaar het
was dit jy wat Ek so mis