2015-05-29

Beraming Van Die Heilige Gees


"Braak vir julle ‘n braakland en saai nie onder die dorings nie."
Jeremia se bevel om aan julle te kom vertel
Maar waar is die Skrifgeleerdes of hulle onderdane?
Vir Wie skree julle so fel en teen Wie se erfgename?
Brandnetels en dissels het julle woorde voort gebring
Die water is besoedel met julle vuil voete daarin
Maar tog verwag julle, dat julle broeders daarvan moet drink
En sonder skaamte word die stank van haat net nog 'n bietjie meer ingeskink

Beroer dit julle nie om goed te doen nie?
Of is daar in julle geen lig meer om op te spoor nie?
Betaam dit julle wel, om so tekere te gaan met die gekwel?
Naasteliefde lê vertrap onder julle samesyn so geknel
Geloof, Hoop en Liefde word verag onder die towerspel
"Maar, braak vir julle 'n braakland en saai nie onder die dorings nie"
'n Hofbevel van Bo af, en tog beklemtoon dit julle harte nie
Besoekers van die Hemele, is teenwoordig, maar julle aarsel nie

Die vakbond van 'n mens, verkleur sy afwesige gees
en maak van hom 'n bespotting vir alle vlees
Die Vader van Ligte gee Insig en gee Spys
Wie kan aan Hom enige manuskrip bring en getuig?
Maleági kom wel en gee hierdie woorde as 'n skaakmat skuif:
"Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in My huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê YHWH van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie."

2015-05-24

Pe'e: Strafgerig Oor 'n Nasie

Sagaria 11:1-17
[1]  Open jou deure, o Líbanon, sodat vuur jou sederbome verteer!
[2]  Huil, o sipres, omdat die seder geval het, omdat die pragtige bome verwoes is! Huil, eike van Basan, omdat die ontoeganklike woud afgekap is.
[3]  Hoor! die gejammer van die herders, want hulle heerlikheid is verwoes. Hoor! die geknor van die jong leeus, want die pronkbosse van die Jordaan is verwoes.
[4]  So sê die HERE my God: Wees herder van die slagskape—
[5]  hulle kopers maak hulle dood, sonder om skuldig te voel; hulle verkopers sê: Geloofd sy die HERE; ek word ryk! En hulle herders het geen medelyde met hulle nie.
[6]  Want Ek sal met die inwoners van die land geen medelyde meer hê nie, spreek die HERE; maar kyk, Ek gaan die mense oorlewer, elkeen in die hand van sy naaste en in die hand van sy koning; en hulle sal die land verwoes, en Ek sal uit hulle hand nie red nie.
[7]  En ek het die slagskape—waarlik ellendige skape! —opgepas; en ek het vir my twee stawe geneem. Die een het ek genoem: Lieflikheid, en die ander het ek genoem: Samebinding; en ek het die skape opgepas.

2015-05-22

Ajien

EliJaHûW

Die uur klok slaan vir die soveelste maal
En nimmer en een weet van die komende reën
Maak nie roes by mekaar nie
En vergader nie in doellose skare nie
Maar pak vir jou 'n tent, 'n pen en 'n boek
Pak vir jou ent, 'n ren en 'n sakdoek

Die Pad van die Heer word voorberei
En in haar kontras lê Sy Voogdy
Belemmer nie die weg van die goddelose
En meng jou nie met diegene wat besig is met trombose
Maar maak gereed om die stede te verlaat
En behoed jou mond, jou siel en jou gelaat

Het Ek nie vir julle gesê:
"In TENTE sal julle neerlê,
nie in geboue van steen,
of van modder en klei been,
Maar in 'n plek van stilte,
in 'n area van My geskrifte"

Pers nie die wêreldling af
En gee geen gehoor aan hulle geblaf!
Want God kom om 'n kudde te versamel
En wee jou, wat dink dat jy dit kan aarsel!
Jy kies jou pad saam met Hom
of jy draai jou voete weg, en val om!

Die Rooi Lyn is getrek in die sand
En JaHWeHshua Self trek nou die ossewa se hand
Nie met geweld of harde woorde
Maar met Sy Gees staal Hy die Noorde
Sy Gedenksteen is Sy Liefde
En saam met Sy Eie, bevestig Hy dit in grafieke

2015-05-20

Val Babilon! Want Die Maat Is Vol


Die volgende regering
staan al gereed
In hulle magdom diefwering
Met 'n valse godskreet
Mans in 'n pak klere
en dames met handskoentjies
Saam skaar hulle bymekaar soos vere
en met koek en wyn bespeel hulle die goedjies

O Likkewaan,
jou gruwel bestaan
Het sowaar weer sy kop laat ophef
En sy skoenveter gegee vir 'n vangnet
'n Skarminkel se gesig
word op jou hart gestig
En so word jou laaste poging
om sonder God te lewe, hewig ontwrig

Polarisasie in gemaksug se spasie
Vergelykings in Aramees al is dit 'n gees
Verbastering geskied waar die filter rond kiep
'n Verlore taal begrawe onder harde staal
Kommandeur en kaptein se see lyk maar fyn
Soldate se voete gryp waaghalsig inlyn in hul groepe
Prioriteite verbloem hulle silwer skerp marionette
En terwyl 'n dogter slaap word haar lyf al hoe naak

Perde stamp oor die stoflike ramp
Opgesaal vir die hoeveelste maal
En verdwyn oor 'n piek wat in die verte opskiet
Generaal en kommandant herhaal die oue kontraktant
Fisies 'n onmoontlikheid maar in hul hart is net boosheid
Geallieerde magte stap saam met die skagte
Geensins belemmer dit die swart wolk se emmer
En daarin word gegooi alles wat blink is met rooi

Probeer maar skree in jou wyle nood so gedwee
Want aan die boodskapper van God moet jy jou laat omgord
'n Bitter wind waai oor die geeste van geel lint
In jou afgod tempel het jy geen plek meer vir Sy hemel se drempel
Doop met water van bekering en Sy genade
Laat bewuswording sy doel vind terwyl daar nog plek is in jou as kind
Aarsel nie langs die strate van Golgota nie
En staan eerder naak van aardse passies, met jou kruistog as die volle maat

2015-05-11

Samech

Eségiël 12:1-28
[1]  Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
[2]  Mensekind, jy woon onder mense van die wederstrewige huis, wat oë het om te sien, maar nie sien nie; ore het om te hoor, maar nie hoor nie, want hulle is ‘n wederstrewige huis.
[3]  Maar jy, mensekind, maak vir jou toebereidsels om in ballingskap te gaan, en gaan oordag in ballingskap voor hulle oë; vertrek soos ‘n balling voor hulle oë, van jou woonplek af na ‘n ander plek toe—miskien sal hulle dit sien, want hulle is ‘n wederstrewige huis.
[4]  En jy moet jou goed oordag uitbring voor hulle oë soos die goed wat vir ‘n ballingskap nodig is; maar self moet jy in die aand uitgaan voor hulle oë soos die wat in ballingskap uitgaan.
[5]  Breek vir jou ‘n gat in die muur voor hulle oë, en bring dit daardeur uit.
[6]  Voor hulle oë moet jy dit op die skouer dra, in die pikdonker moet jy dit uitbring; jou aangesig moet jy bedek, sodat jy die land nie sien nie; want Ek maak jou tot ‘n sinnebeeld vir die huis van Israel.
[7]  Ek het toe gedoen soos my beveel is: ek het my goed oordag uitgebring soos die goed wat vir ‘n ballingskap nodig is; en in die aand het ek met my hand vir my ‘n gat in die muur gebreek; in die pikdonker het ek dit uitgebring, dit op die skouer voor hulle oë gedra.