2015-02-18

Chet


 Verlede se Lied in 'n gewaan se gebied
Omsirkel die skedes van 'n ou fortuin
Begrawe skatte lê gestrem in die woestyn
Om eendag aan 'n Dogter as geskenk te gee
Sy sal dit omarm en daarmee wonders betree
En in Sy Naam, die Allerhoogste, 'n besoek kom aflê
Die mense sal verward rondstaan, en eendragtig sê:
"Ons ken nie hierdie werke, en nog minder jou El"
En Sy sal die verhaal vertel,
en 'n harde antwoord verskaf:
"Ook in Sodom en Gomorra, het julle dit geminag,
van vroeg tot laat, het julle net gesondig,
maar in die oordeelsdag, sal dit meer ondraaglik vir júlle wees,
want die wonderwerke van Ha'Mashiach, het julle met spot gelees!" 

Psalms 67:1-7
[1]  Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela.
[2]  Sodat die mense op aarde u weg kan ken, onder al die nasies u heil.
[3]  Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.
[4]  Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei. Sela.
[5]  Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.
[6]  Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën.
[7]  God sal ons seën, en al die eindes van die aarde sal Hom vrees.

2015-02-12

Zajien

Spreuke 24:1-34
[1]  Wees nie afgunstig op die kwaaddoeners nie, en begeer nie om met hulle saam te wees nie.
[2]  Want hulle hart bedink verwoesting, en hulle lippe spreek moeite.
[3]  Deur wysheid word ‘n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig;
[4]  en deur kennis word die kamers gevul met allerhande kosbare en lieflike goed.
[5]  ‘n Wyse man is sterk, en ‘n man van kennis ontwikkel krag.
[6]  Want deur goeie oorleg kan jy voorspoedig oorlog voer, en die oorwinning is deur die menigte van raadgewers.
[7]  Die wysheid is vir die sot te hoog; in die poort maak hy sy mond nie oop nie.

2015-02-10

Waw: Die Vierde Gebod



Jeremia 17:1-27
[1]  Die sonde van Juda is geskrywe met ‘n ystergriffel, met ‘n diamantpunt; dit is gegrif op die tafel van hulle hart en op die horings van julle altare—
[2]  telkens as hulle kinders aan hulle altare dink en aan hulle heilige boomstamme by die groen bome, op die hoë heuwels.
[3]  My berg in die veld, jou rykdom, al jou skatte sal Ek as buit gee saam met jou hoogtes, weens die sonde in jou hele grondgebied.
[4]  En jy sal uitval—en dit deur jouself—uit jou erfenis wat Ek jou gegee het, en Ek sal jou jou vyande laat dien in ‘n land wat jy nie ken nie; want julle het ‘n vuur aangesteek in my toorn, tot in ewigheid sal dit brand.
[5]  So sê die HERE: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die HERE afwyk.
[6]  En hy sal wees soos ‘n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, ‘n brakkerige en onbewoonde land.
[7]  Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is.

2015-02-08

Hee [Deel 1]

Jeremia 34:1-22
[1]  Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het—toe Nebukadnésar, die koning van Babel, en sy hele leër en al die koninkryke van die land van sy heerskappy en al die volke teen Jerusalem en al die stede daarvan oorlog gevoer het—
[2]  so sê die HERE, die God van Israel: Gaan en spreek met Sedekía, die koning van Juda, en sê vir hom: So spreek die HERE: Kyk, Ek gee hierdie stad in die hand van die koning van Babel, en hy sal dit met vuur verbrand.
[3]  En jy sal uit sy hand nie ontvlug nie, maar sekerlik gevang en in sy hand gegee word; en oog in oog sal jy die koning van Babel sien, en mond tot mond sal hy met jou spreek; en jy sal in Babel kom.
[4]  Maar luister na die woord van die HERE, o Sedekía, koning van Juda! So sê die HERE aangaande jou: Jy sal deur die swaard nie sterwe nie.
[5]  Jy sal in vrede sterwe, en net so ‘n wierookbrand as vir jou vaders, die vorige konings wat voor jou gewees het, sal hulle vir jou aansteek en jou beklaag met: Ag, heer! Want Ék het die woord gespreek, spreek die HERE.
[6]  En die profeet Jeremia het al hierdie woorde aan Sedekía, die koning van Juda, in Jerusalem meegedeel,
[7]  terwyl die leër van die koning van Babel oorlog voer teen Jerusalem en teen al die stede van Juda wat oorgebly het, teen Lagis en teen Aséka; want hulle het as versterkte stede oorgebly onder die stede van Juda.

2015-02-06

Dalet

Jesaja 46:1-13
[1]  Bel het inmekaargesak, Nebo staan krom; hulle afgode is vir die diere en die vee; beelde wat julle rondgedra het, is opgelaai, ‘n vrag vir die vermoeide diere.
[2]  Saam staan hulle krom, inmekaargesak; hulle kon die vrag nie red nie, maar het self in gevangenskap gegaan.
[3]  Luister na My, o huis van Jakob en die hele oorblyfsel van die huis van Israel, julle wat deur My gedra is van die moederskoot af, opgeneem is van die geboorte af;
[4]  en tot die ouderdom toe is Ék dieselfde, ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra; Ék het dit gedoen, en Ék sal julle opneem, en Ék sal dra en red.
[5]  By wie wil julle My vergelyk en My net so maak en My gelykstel, dat ons eenders kan wees?
[6]  Hulle wat goud uit die geldsak skud en silwer afweeg met die weegskaal, huur ‘n goudsmid, en hy maak daar ‘n god van; hulle kniel neer, ook buig hulle.
[7]  Hulle hef hom op die skouer; hulle dra hom en sit hom op sy plek neer. Daar staan hy! Hy wyk nie van sy plek nie; ook al roep iemand hom, hy antwoord nie; hy verlos hom nie uit sy benoudheid nie.

2015-02-05

Giemel

Jeremia 13:1-27
[1]  So het die HERE vir my gesê: Gaan koop vir jou ‘n linnegord en bind dit om jou heupe; maar laat dit nie in die water kom nie.
[2]  En ek het die gord gekoop volgens die woord van die HERE en dit om my heupe gebind.
[3]  Toe het die woord van die HERE vir die tweede keer tot my gekom en gesê:
[4]  Neem die gord wat jy gekoop het, wat om jou heupe is, en maak klaar, gaan na die Eufraat en steek dit daar weg in ‘n klipskeur.
[5]  Daarop het ek gegaan en dit weggesteek by die Eufraat, soos die HERE my beveel het.
[6]  En ná verloop van baie dae het die HERE vir my gesê: Maak klaar, gaan na die Eufraat en haal die gord daarvandaan wat Ek jou beveel het om daar weg te steek.
[7]  Daarop het ek na die Eufraat gegaan en gegrawe en die gord geneem van die plek af waar ek dit weggesteek het; en kyk, die gord het bederf, dit was waardeloos.