2015-06-15

Selfstandige Naamwoord: JHWH Sal Voorsien


Daar roep 'n verdwaalde
"Ons weet nie meer wat aangaan nie"
Daar roer 'n gewaande
"ek sit maar hier, maar verstaan nie"
Ondanks alles tussen kommer en span
Bly daardie gesegde:  Dit is deel van U plan

'n Kind vra vir brood op 'n papier bord
"Gee my net nog 'n bietjie asseblief"
Ouers van ryke aanstaandes en gord
"Ag, as ek kon, sou ek iets doen, al is dit stief"
Ondanks alles tussen hoogmoed se rang
Bly daardie gesegde:  Dit is deel van U plan

Mense skommel hulle houding so fors
"Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons sal...ag nee wat"
Terwyl die skaamtelose slegsê alleen maar mors
"Ons het mos gesê dit gaan gebeur...nou's dit sat"
Ondanks alles tussen spoegklier en kan
Bly daardie gesegde:  Dit is deel van U plan

Prediker 8:1-17
[1]  Wie is soos die wyse, en wie weet die verklaring van die dinge? Die wysheid van ‘n mens verhelder sy gesig, en die hardheid van sy gesig word daardeur verander.
[2]  Ek sê: Neem die bevel van die koning in ag, en wel ter wille van die eed by God.
[3]  Haas jou nie om van hom af weg te gaan nie; laat jou nie in met ‘n slegte saak nie, want alles wat hy wil, doen hy.
[4]  Want die woord van die koning is magtig, en wie kan vir hom sê: Wat doen u?
[5]  Hy wat die gebod onderhou, sal geen kwaad ondervind nie; en die hart van ‘n wyse sal die tyd en die regterlike beslissing belewe.
[6]  Want vir elke ding is daar ‘n tyd en ‘n beslissing; want die boosheid van die mens druk swaar op hom.
[7]  Want hy weet nie wat sal wees nie; want hoe dit sal wees—wie kan hom dit te kenne gee?
[8]  Daar is geen mens wat heerskappy het oor die wind om die wind teë te hou nie, en niemand het mag oor die dag van die dood nie, en daar is geen vrystelling in die oorlog nie; so sal ook die goddeloosheid hom wat dit begaan, nie red nie.
[9]  Dit alles het ek gesien deurdat ek my hart gerig het op elke werk wat onder die son gedoen word, in ‘n tyd waarin die een mens heers oor die ander tot sy ongeluk.
[10]  So het ek dan die goddelose sien begrawe word en die rus ingaan, terwyl die wat reg gehandel het, uit die heilige plek moes weggaan en in die stad vergeet is. Ook dit is dan nietigheid.
[11]  Omdat die oordeel oor ‘n verkeerde daad nie gou voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad te doen;
[12]  aangesien ‘n sondaar honderd maal kwaad doen en hy lank lewe—alhoewel ek weet dat dit goed sal gaan met die wat God vrees, omdat hulle voor sy aangesig vrees,
[13]  en dit nie goed sal gaan met die goddelose, en hy die dae nie sal verleng soos ‘n skaduwee nie, omdat hy voor die aangesig van God nie vrees nie.
[14]  Dit is ‘n nietigheid wat op die aarde gebeur, dat daar regverdiges is met wie dit gaan volgens die dade van die goddelose, en dat daar goddelose is met wie dit gaan volgens die dade van die regverdiges; so sê ek dan dat dit ook nietigheid is.
[15]  Daarom het ek die vreugde geprys, dat daar niks beters is vir die mens onder die son nie as om te eet en te drink en hom te verheug, en dat dit hom mag begelei by sy moeitevolle arbeid gedurende die dae van sy lewe wat God hom gee onder die son.
[16]  Toe ek my hart daarop gerig het om wysheid te leer ken en om te aanskou die dinge wat op die aarde gedoen word—ja, selfs bedags en snags niemand met sy oë die slaap sien nie—
[17]  het ek gesien al die werk van God, dat die mens die werk wat gedoen word onder die son, nie kan uitvind nie, omdat die mens hom vermoei om te soek en tog niks uitvind nie; ja, al sou die wyse dink dat hy dit verstaan—hy sal dit nie kan uitvind nie!

Matthéüs 7:1-29
[1]  Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.
[2]  Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
[3]  En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?
[4]  Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk!
[5]  Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.
[6]  Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.
[7]  Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
[8]  Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
[9]  Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom ‘n klip sal gee;
[10]  en as hy ‘n vis vra, aan hom ‘n slang sal gee?
[11]  As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!
[12]  Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.
[13]  Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.
[14]  Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.
[15]  Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.
[16]  Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ‘n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!
[17]  So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte.
[18]  ‘n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom ook geen goeie vrugte nie.
[19]  Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
[20]  So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.
[21]  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
[22]  Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?
[23]  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!
[24]  Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
[25]  En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.
[26]  En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.
[27]  En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.
[28]  En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer;
[29]  want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie.