2015-08-10

Hebreërs 7

Hebreërs 7:1-28
[1]  Want hierdie Melgisédek was koning van Salem, priester van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en hom geseën het;
[2]  aan wie Abraham ook ‘n tiende deel van alles gegee het—hy was in die eerste plek, volgens uitleg, koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem, dit is koning van vrede;
[3]  sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan die Seun van God, bly hy priester altyddeur.
[4]  Let nou op hoe groot hierdie man was, aan wie selfs Abraham, die aartsvader, ‘n tiende van die buit gegee het.
[5]  Nou het hulle wat uit die seuns van Levi die priesterskap ontvang, wel ‘n gebod om, volgens die wet, van die volk tiendes te neem, dit is van hulle broers, ofskoon hulle uit die lendene van Abraham voortgekom het;
[6]  maar hy wat nie uit húlle sy geslagsregister aflei nie, het van Abraham tiendes geneem en die besitter van die beloftes geseën.
[7]  Nou word sonder enige teëspraak die mindere deur die meerdere geseën.

2015-08-09

Die Laaste Boodskapper Aan Suid-Afrika: YHWH Is Die Begin En Die Einde


Hulle jubel "VERLORE, VERLORE!"
"Ons het ons huis verlore!"
Praat met die mense, half geskore
So spreek die Heer, aangaande julle idole:
"Maak nat, maak plat, steek aan die brand!"
"Hoeveel profete, boodskappers of geleerde,
moet nog na julle gestuur word en julle afwend van die verkeerde?"
"Kyk, en verstaan, let op en word vermaan:"
"Spelletjies van kinders, van spotters en vlinders"
"So giet julle, die opbraaksel van julle onkunde!"
"Kyk, en verstaan dit nou goed"
"Nog een, 'n laaste een, word na julle geroep"
"Skeer daarom julle fronse stil!"
"Maak vir julle ore, 'n gevormde Daffodil"
"Nie meer drie of twee keer nie, maar EENMAAL"
"Daarna, diegene wie nie gehoor gee nie, sal deur My Woorde, faal"


Miga 3:1-12
[1]  Verder het ek gesê: Hoor tog, o hoofde van Jakob en owerstes van die huis van Israel! Betaam dit julle nie om die reg te ken nie?
[2]  Haters van wat goed is, en liefhebbers van wat sleg is, wat die vel van die mense aftrek en hulle vlees van hul gebeente;
[3]  en wat die vlees van my volk eet en hulle vel van hulle afslag; ook hulle gebeente verbrysel en hulle aan stukke kap soos vleis in ‘n pot en soos vleis in ‘n pan.
[4]  Dan sal hulle die HERE aanroep, en Hy sal hulle nie antwoord nie; maar Hy sal sy aangesig in dié tyd vir hulle verberg, omdat hulle verkeerde dinge gedoen het.
[5]  So sê die HERE aangaande die profete wat my volk verlei, wat as hulle maar iets het om met hulle tande te byt, vrede verkondig; maar teen hom wat niks in hulle mond steek nie, verklaar hulle ‘n heilige oorlog!
[6]  Daarom sal dit nag word vir julle, sonder ‘n gesig, en duister vir julle, sonder waarsêery; ja, die son sal oor die profete ondergaan, en die dag oor hulle verduister word.
[7]  En die sieners sal beskaamd staan, en die waarsêers sal bloos, en hulle almal sal die baard bedek, omdat daar geen antwoord van God kom nie.

2015-08-07

YHWH Is Sterk Om Te Verlos

Joël 3:1-21
[1]  Want kyk, in dié dae en in dié tyd wanneer Ek die lot van Juda en Jerusalem verander,
[2]  sal Ek al die nasies versamel en hulle na die dal van Jósafat laat aftrek, om daar met hulle ‘n strafgerig te hou ter wille van my volk en my erfdeel Israel wat hulle onder die nasies verstrooi het, en my land wat hulle verdeel het.
[3]  En oor my volk het hulle die lot gewerp en ‘n jong seun weggegee vir ‘n hoer en ‘n meisie verkoop vir wyn en dit gedrink.
[4]  En ook, wat het julle met My te doen, o Tirus en Sidon en al die landstreke van Filistéa? Wil julle My iets vergelde, of wil julle My iets aandoen? Gou, ylings sal Ek julle dade op julle hoof laat neerkom.
[5]  Want julle het my silwer en my goud geneem en my kosbare skatte na julle tempels gebring.
[6]  Verder het julle die kinders van Juda en die kinders van Jerusalem aan die kinders van Jawan verkoop, om hulle ver van hul grondgebied te verwyder.
[7]  Kyk, Ek sal hulle laat opstaan uit die plek waarheen julle hulle verkoop het, en julle dade op julle hoof laat neerkom.

2015-08-06

Rekenskap: YHWH Huis Van Gebed


Reken op! Reken op! Reken op!
Die Man kom langs om af te reken
Tel op! Tel op! Tel op!
Die Man kom langs om te verreken
Sommetjies en nulletjies
Sirkeltijes en halwetjies

Pas op! Pas op! Pas op!
Die Man weet wat is Syne
Rente op Rente, Op is Op!
Die Heer ken Sy Eie wyne
Honderde en duisende
Tiendes en enkeles

Keer om! Keer om! Keer om!
Die Heer keer die tafels om!
Verstom, verstom, verstom
Kyk die handelaars na Hom
"En Hy sê vir hulle aangaande hierdie saak:
My huis moet ‘n huis van gebed genoem word.
Maar julle het dit ‘n rowerspelonk gemaak."

Matthéüs 21:1-46
[1]  En toe hulle naby Jerusalem gekom en Bétfagé aan die Olyfberg bereik het, stuur Jesus twee dissipels uit en sê vir hulle:
[2]  Gaan na daardie dorp reg voor julle, en dadelik sal julle ‘n eselin vind wat vasgemaak is, en ‘n vul by haar. Maak haar los en bring hulle vir My.
[3]  En as iemand vir julle iets sê, moet julle antwoord: Die Here het hulle nodig; en dadelik sal hy hulle stuur.
[4]  En dit het alles gebeur, sodat vervul sou word die woord wat deur die profeet gespreek is:
[5]  Sê vir die dogter van Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe, sagmoedig, en Hy sit op ‘n esel, ja, ‘n jong esel, die vul van ‘n pakdier.
[6]  En die dissipels het gegaan en gedoen soos Jesus hulle beveel het;
[7]  hulle het die esel en die vul gebring en hulle klere daarop gelê, en Hy het daarop gaan sit.

2015-08-02

Psalms 115

Psalms 115:1-18
[1]  Nie aan ons, o HERE, nie aan ons nie, maar aan u Naam gee eer, om u goedertierenheid, om u trou ontwil.
[2]  Waarom sou die heidene sê: Waar is dan hulle God?
[3]  terwyl onse God tog in die hemel is; Hy doen alles wat Hom behaag.
[4]  Hulle afgode is silwer en goud, ‘n werk van mensehande.
[5]  Hulle het ‘n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;
[6]  ore het hulle, maar hoor nie; hulle het ‘n neus, maar ruik nie;
[7]  hande, maar hulle tas nie; voete, maar hulle loop nie; hulle gee geen geluid deur hul keel nie.
[8]  Die wat hulle maak, sal net soos hulle word—elkeen wat op hulle vertrou.
[9]  Israel, vertrou op die HERE: Hy is hulle hulp en hulle skild!
[10]  Huis van Aäron, vertrou op die HERE: Hy is hulle hulp en hulle skild!
[11]  Julle wat die HERE vrees, vertrou op die HERE: Hy is hulle hulp en hulle skild.
[12]  Die HERE het aan ons gedink: Hy sal seën, Hy sal die huis van Israel seën, Hy sal die huis van Aäron seën.
[13]  Hy sal diegene seën wat die HERE vrees, die kleintjies saam met die grotes.
[14]  Die HERE sal julle vermenigvuldig, julle en jul kinders.
[15]  Julle is geseënd deur die HERE wat hemel en aarde gemaak het.
[16]  Die hemele is hemele vir die HERE, maar die aarde het Hy aan die mensekinders gegee.
[17]  Die dode en almal wat na die stilte neerdaal, sal die HERE nie loof nie;
[18]  maar óns sal die HERE prys, van nou af tot in ewigheid. Halleluja!

2015-08-01

Wee Die Geveinsdes! Wee Die Egbrekers! Wee Die Boosdoeners!


Mense, mense, met julle republiek!
Julle verstaan nie wat julle lees
Omdat julle nog vashaak en nie in die Gees!
Mense, mense, met julle retoriek!
Julle sorg wel vir die bekers en kanne
Maar julle oë en hart is nie op Hom, maar verbanne!
Mense, mense, met julle menslike taktiek!
Julle moor Sy boodskappers en gesante
En julle beroof Sy Tabernakel se Hande!

BEKEER JULLE! en word gesond!
BEKEER JULLE! en word gered!
BEKEER JULLE! en word Sy verbond!
BEKEER JULLE! en word deur Hom bedek!

Matthéüs 6:1-34
[1]  Pas op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie.
[2]  Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie ‘n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.
[3]  Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie,
[4]  sodat jou liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde.
[5]  En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het.
[6]  Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
[7]  En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.

Plae Van Babilon: Hongersnood en Droogte


Wie het kon weet
Dat op 'n uur in hierdie tyd
Die Teken sal sweet
En deurloop uit die parskuip
Één vir één tokkel die aand wind
Twéé vir twéé koggel die seesand
'n Mandjie sak af en haal die twee kind
'n Trap kom af en neem die teenstand

Weef weef weef weef
Laat die aarde haar eie vertoon
Laat die hemele sy eie voort gleuf
Laat die see 'n getuienis bekroon
Laat die beeste aan hulle spore kleef

Wie het kon raai
Dat op 'n oomblik in hierdie moment
Die Vertoning sal kraai
En deurloop uit 'n hele kontinent
Één vir één tree die dagloner aan
Twéé vir twéé stap saam na die gang
'n Druppel val na onder en tref ook die haan
'n Metgesel kom nader en staan met die Gesang


Jeremia 50:1-46
[1]  Die woord wat die HERE deur die profeet Jeremia gespreek het oor Babel, oor die land van die Chaldeërs.
[2]  Verkondig onder die nasies en laat hoor, en steek ‘n banier op, laat hoor; verberg dit nie; sê: Babel is ingeneem, Bel staan beskaamd, Meródag is verskrik; sy afgode staan beskaamd, sy drekgode is verskrik.
[3]  Want ‘n volk trek teen hom op uit die Noorde; dit sal sy land ‘n woesteny maak, sodat daar geen inwoner in is nie; mense sowel as diere het gevlug, weggetrek.
[4]  In dié dae en in dié tyd, spreek die HERE, sal die kinders van Israel kom, hulle met die kinders van Juda saam; onder geween sal hulle voorttrek en die HERE hulle God soek.
[5]  Hulle sal na Sion vra; op die pad hierheen sal hulle aangesig gerig wees; hulle sal kom en by die HERE aansluit in ‘n ewige verbond wat nie vergeet sal word nie.
[6]  ‘n Kudde verlore skape was my volk; hulle herders het hulle laat dwaal, hulle weggevoer na die berge toe; hulle het gegaan van berg na heuwel, hulle het hul lêplek vergeet.
[7]  Almal wat hulle kry, het hulle opgeëet; en hulle teëstanders het gesê: Ons maak ons nie skuldig nie, omdat hulle gesondig het teen die HERE, die Woning van geregtigheid en die Verwagting van hulle vaders, die HERE.