2015-06-18

Die Soom Van 'n Woning: JHWH is My Eed


Begin by My Huis
die afgeleë ene, die trae
Sy gedra haar so gedeins
en vergeet My afsprake
Begin met die fondament
en lê vir jou 'n fondasie
Ek sal voorsien in die kontinent
en 'n uitleg daarby met die konsonansie

Sê vir die afvallige een
"So spreek die Vader:
Jy sal jou skoon was en ween,
en al jou silwer en koper vergader."
Versamel dan die dou
wat oorbly uit die gemeente
En gee dit as 'n vrou
aan My Huis vir sy gesteente

So sal julle dan bou
op hierdie rots van sterkte
En niemand sal dit knou
totdat Ek weer terug is in julle vlerke
Laat 'n seun en dogter terugkeer
Man en vrou tesame
Sodat My huis kan floreer
met gebede en dank in 'n oase

Jeremia 24:1-10
[1]  Die HERE het my laat sien, en daar was twee mandjies met vye, reggesit voor die tempel van die HERE—nadat Nebukadrésar, die koning van Babel, Jegónja, die seun van Jójakim, die koning van Juda, en die vorste van Juda en die smede en die slotmakers uit Jerusalem in ballingskap weggevoer en hulle in Babel gebring het.
[2]  In die een mandjie was baie goeie vye soos die voorvye; maar in die ander mandjie was baie slegte vye, te sleg om te eet.
[3]  En die HERE het vir my gesê: Wat sien jy, Jeremia? En ek het geantwoord: Vye; die goeie vye is baie goed en die slegtes baie sleg, te sleg om te eet.
[4]  Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
[5]  So spreek die HERE, die God van Israel: Soos hierdie goeie vye, so sal Ek ten goede aansien die ballinge van Juda wat Ek uit hierdie plek na die land van die Chaldeërs weggestuur het;
[6]  en Ek sal my oog op hulle slaan ten goede en hulle terugbring in hierdie land; en Ek sal hulle bou en nie afbreek nie, en hulle plant en nie uitruk nie.
[7]  En Ek sal hulle ‘n hart gee om My te ken, dat Ek die HERE is; en hulle sal vir My ‘n volk wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart.
[8]  En soos die slegte vye wat te sleg is om te eet—waarlik, so sê die HERE—só sal Ek Sedekía, die koning van Juda, maak en sy vorste en die oorblyfsel van Jerusalem wat in hierdie land oorgebly het en die wat in Egipteland woon;
[9]  en Ek sal hulle ‘n skrikbeeld maak, ‘n onheil vir al die koninkryke van die aarde, ‘n smaad en ‘n spreekwoord, ‘n spot en ‘n vervloeking in al die plekke waarheen Ek hulle verdrywe;
[10]  en Ek sal onder hulle stuur die swaard, die hongersnood en die pes, totdat hulle omgekom het uit die land wat Ek aan hulle en hul vaders gegee het.

Psalms 42:1-11
[1]  Vir die musiekleier. ‘n Onderwysing van die kinders van Korag. (42:2) Soos ‘n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God!
[2]  (42:3) My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?
[3]  (42:4) My trane is my spys dag en nag, omdat hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?
[4]  (42:5) Hieraan wil ek dink en my siel uitstort in my: hoe ek gewoond was om voort te trek met die skare, hulle gelei het na die huis van God, met die stem van jubel en lof—’n feesvierende menigte!
[5]  (42:6) Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof—die verlossing van sy aangesig!
[6]  (42:7) o My God, my siel buig hom neer in my; daarom dink ek aan U uit die land van die Jordaan en die Hermons, van die klein gebergte af.
[7]  (42:8) Die vloed roep na die vloed by die gedruis van u waterstrome; al u bare en u golwe het oor my heengegaan.
[8]  (42:9) Maar die HERE sal oordag sy goedertierenheid gebied, en in die nag sal sy lied by my wees, ‘n gebed tot die God van my lewe.
[9]  (42:10) Ek wil spreek tot God: My rots, waarom vergeet U my? Waarom gaan ek in die rou deur die vyande se verdrukking?
[10]  (42:11) Met ‘n doodsteek in my gebeente smaad my teëstanders my as hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?
[11]  (42:12) Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof—die verlossing van my aangesig en my God!