2015-06-19

Openbaring In Getalle Van Sewes: JHWH Sien



Vind 'n pas op die kronkel pad
En soek vir 'n kas in die donker stad
Daarin is geheime van ouds af al
Wat saam is met die Getuie in 'n stal

Wek kommer, wek die reën
Bevestig die nommer, die bekende steen
Gloed inskripsies op 'n marmer blad
Op saffier gekerf met duidelike impak

In doeke gevou, in die skatkamer se klou
Daar staan geskrewe: "Die eerste en laaste dou"
Van ouds af bewaar, met presisie verklaar
Nou word 'n verborgenheid geopenbaar

Vat vir jou 'n meetstok, 'n kompas en sambok
Neem vir jou ook 'n stewige pen met sy inkpot
Kerf in jou gewete die name van individue
En maak dit kenbaar in heilige rook, so ook in briewe

Skryf aan die eerste, die stille gemeente
Voeg daarby die instruksies en ete
Skryf aan die tweede, die afvallige ene
Voeg daarby toe, die inhoud van die geleende

Skryf aan die derde, die sterke van almal
En sê ook daarby, dis die heel laaste damwal
Skryf aan die vierde, die losbandige in getal
Neem daarby weg, en gee verbande met linne gal

Skryf aan die vyfde, en berei die pad voor
En gee aan hulle 'n derde, 'n deel van ivoor
Skryf aan die sesde en sewende, die verlate maar getrou
En wek geen kommer, maar gee inhoude van opbou