2015-07-06

Berg Van JHWH-Jireh


"Maar hy antwoord: Vrees nie; want die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is."

Regverdige Woede

'n Tafel van pensioene
gerafel vir die biljoene
'n Siek skip van triljoene
verpag saam met spioene

Woede oor die oneer
Woede oor die vrot leer
Woede oor die onregverdigheid
Woede van God oor die nalatigheid

Yster staf swaai soos Hy draai
Septer in Regter Hand en konstant
Van Regs na Links
Gooi die Regter Sy Sfinks
Sy raaisel is vir hierdies
wat die mense laat skree, histeries

'n Steen van klap geluide
trap oor die globale aarbeie
Armes word gered en uit geruk
en rykes moet in die grond stink

Woede oor die valse verering
Woede oor die onderdrukking
Woede oor die verminking
Woede van God oor die wêreldling


Openbaring Van Instruksies

U openbaar waar die mense by baat
U verklaar sodat die enkeling nie kan vergaan
U barensnood bewys U togte met die Kruis
Hoe kan die wêreldling hierdie brief tog vergruis?
U sê: "Bewaar My Gebooie"
en die kinders word soos gelooide
Op 'n ander plek verklaar U weer:
"Hoekom noem julle My Heer,
maar doen nie wat Ek julle leer?"

Kastrasie van 'n klip hart
En in ruil daarvoor, 'n sagte blad
Met daarop geskrywe:
"Ek sal jou laat loop in tye,
In My paaie en weë"
En vir die aparteling
Het U 'n voorkeur
En met U regterhandeling
Gee U 'n geopende Deur

2 Konings 1:1-18
[1]  En Moab het na die dood van Agab van Israel afvallig geword.
[2]  En Ahásia het deur die tralievenster in sy bo-kamer, in Samaría, geval en siek geword. Toe stuur hy boodskappers uit en sê vir hulle: Gaan raadpleeg Baäl-Sebub, die god van Ekron, of ek van hierdie siekte gesond sal word.
[3]  Maar die Engel van die HERE het vir Elía, die Tisbiet, gesê: Maak jou klaar, gaan op, die boodskappers van die koning van Samaría tegemoet, en spreek met hulle: Gaan julle, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg?
[4]  Daarom dan, so sê die HERE: Van die bed waar jy op geklim het, sal jy nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe. En Elía het gegaan.
[5]  En toe die boodskappers by hom terugkom, sê hy vir hulle: Waarom kom julle nou terug?
[6]  En hulle antwoord hom: ‘n Man het opgekom ons tegemoet en aan ons gesê: Gaan terug na die koning wat julle gestuur het, en spreek met hom: So sê die HERE: Stuur jy, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg? Daarom sal jy van die bed waar jy op geklim het, nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe.
[7]  Daarop sê hy vir hulle: Hoe was die voorkoms van die man wat opgekom het julle tegemoet en hierdie woorde met julle gespreek het?
[8]  En hulle antwoord hom: ‘n Man met ‘n harige mantel en omgord met ‘n leergord om sy heupe. Toe sê hy: Dit is Elía, die Tisbiet!
[9]  En hy het ‘n owerste van vyftig met sy vyftig na hom gestuur. En toe hy na hom opklim, terwyl hy juis op die top van die berg sit, sê hy vir hom: Man van God, die koning spreek: Kom af!
[10]  Toe antwoord Elía en sê aan die owerste oor vyftig: As ek dan ‘n man van God is, mag daar vuur van die hemel neerdaal en jou en jou vyftig verteer! En daar het vuur van die hemel neergedaal en hom met sy vyftig verteer.
[11]  En hy het weer ‘n ander owerste oor vyftig met sy vyftig na hom gestuur; en die het begin spreek en vir hom gesê: Man van God, so sê die koning: Kom gou af!
[12]  Daarop antwoord Elía en sê vir hulle: As ek ‘n man van God is, mag daar vuur van die hemel neerdaal en jou en jou vyftig verteer! En daar het die vuur van God uit die hemel neergedaal en hom met sy vyftig verteer.
[13]  En hy het weer ‘n owerste van ‘n derde vyftig met sy vyftig na hom gestuur. En die derde owerste oor vyftig het opgeklim en aangekom en op sy knieë voor Elía gebuig en hom gesmeek en vir hom gesê: Man van God, laat tog my lewe en die lewe van u dienaars, hierdie vyftig, kosbaar wees in u oë!
[14]  Kyk, vuur het van die hemel neergedaal en die eerste twee owerstes oor vyftig met hulle vyftig verteer; maar laat my lewe nou kosbaar wees in u oë!
[15]  Toe sê die Engel van die HERE vir Elía: Gaan saam met hom af; wees nie bevrees vir hom nie. En hy het opgestaan en saam met hom na die koning afgegaan
[16]  en met hom gespreek: So sê die HERE: Omdat jy boodskappers gestuur het om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg—is dit omdat daar glad geen God in Israel is om sy woord te raadpleeg nie? —daarom sal jy van die bed waar jy op geklim het, nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe.
[17]  En hy het gesterwe volgens die woord van die HERE wat Elía gespreek het; en Joram het in sy plek koning geword in die tweede jaar van Joram, die seun van Jósafat, die koning van Juda; want hy het geen seun gehad nie.
[18]  En die verdere geskiedenis van Ahásia, wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?


2 Konings 6:10-17
[10]  Daarom het die koning van Israel na die plek gestuur waarvan die man van God met hom gespreek en waarvoor hy hom gewaarsku het. En hy was daar op sy hoede, nie net een maal of twee maal nie.
[11]  Toe word die hart van die koning van Aram hieroor onrustig, en hy roep sy dienaars en sê vir hulle: Kan julle my nie te kenne gee wie van ons mense vir die koning van Israel is nie?
[12]  En een van sy dienaars antwoord: Nee, my heer die koning, maar Elísa, die profeet wat in Israel is, kan die koning van Israel die woorde te kenne gee wat u in u slaapkamer spreek.
[13]  En hy sê: Gaan kyk waar hy is, dat ek hom kan laat vang. En daar is aan hom te kenne gegee en gesê: Hy is daar in Dotan.
[14]  So het hy dan daarheen perde en strydwaens en ‘n swaar leër gestuur, en hulle het in die nag gekom en die stad omsingel.
[15]  En toe die dienaar van die man van God vroeg opstaan en uitgaan, was daar ‘n leër met perde en strydwaens rondom die stad. En sy dienaar sê vir hom: Ag, my heer, hoe sal ons maak?
[16]  Maar hy antwoord: Vrees nie; want die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is.
[17]  En Elísa het gebid en gesê: HERE, open tog sy oë, dat hy kan sien. En die HERE het die oë van sy dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom Elísa.