2015-07-30

Hosanna! U Alleen


Heimwee, heimwee
Net soos 'n troetel kind
Ag nee, ag nee
Ek voel my so verslind
Op heuwel torings
Tussen gladde dorings
Op sink sand se bodems
Lê my skoene in berowings

O, Heimwee, heimwee
Maar nie na die verlede
Wel na U Huis wat vrede gee
Wel in U toestand se gewete
Op wolke van dou
Met elke tree na Jou
In elke poging, al is dit geknou
Ja, want alleen U kan my behou

Heimwee, heimwee
Ag, was dit al gedaan
Dan kon ek tenminste iets gee
Ag, al was dit net nog 'n traan
Sodat ek weer kan terugkeer
By my Soort daar Bo, daar by U sfeer
U Gesig, aanskoulik, terwyl ons rustig kalibreer
By U, wat my gebaar het, deur en deur


Psalms 118:1-29
[1]  Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!
[2]  Laat Israel dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!
[3]  Laat die huis van Aäron dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!
[4]  Laat die wat die HERE vrees, dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!
[5]  Uit die benoudheid het ek die HERE aangeroep; die HERE het my verhoor in die ruimte.
[6]  Die HERE is vír my; ek sal nie vrees nie: wat kan ‘n mens my doen?
[7]  Die HERE is vír my as my helper; so sal ék dan neersien op die wat my haat.
[8]  Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou.
[9]  Dit is beter om by die HERE te skuil as om op edeles te vertrou.
[10]  Al die heidene het my omsingel; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het.
[11]  Hulle het my omsingel, ja, hulle het my omsingel; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het.
[12]  Hulle het my omsingel soos bye—hulle is uitgeblus soos ‘n doringtakvuur; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het.
[13]  Jy het my hard gestamp om my te laat val, maar die HERE het my gehelp.
[14]  Die HERE is my sterkte en psalm, en Hy het my tot heil geword.
[15]  ‘n Stem van gejubel en van heil is in die tente van die regverdiges: die regterhand van die HERE doen kragtige dade.
[16]  Die regterhand van die HERE verhef; die regterhand van die HERE doen kragtige dade.
[17]  Ek sal nie sterwe nie, maar lewe en die werke van die HERE vertel.
[18]  Die HERE het my hard gekasty, maar my aan die dood nie oorgegee nie.
[19]  Maak oop vir my die poorte van die geregtigheid; ek wil daardeur ingaan, ek wil die HERE loof.
[20]  Dit is die poort van die HERE; regverdiges mag daardeur ingaan.
[21]  Ek wil U loof, omdat U my verhoor het en my tot heil geword het.
[22]  Die steen wat die bouers verwerp het, het ‘n hoeksteen geword.
[23]  Dit het van die HERE gekom; dit is wonderbaar in ons oë.
[24]  Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.
[25]  Ag, HERE, gee tog heil; ag, HERE, gee tog voorspoed!
[26]  Geseënd is hy wat kom in die Naam van die HERE! Ons seën julle uit die huis van die HERE.
[27]  Die HERE is God, en Hy het vir ons lig gegee. Bind die feesoffer met toue, tot by die horings van die altaar.
[28]  U is my God, en ek wil U loof; o my God, ek wil U verhoog.
[29]  Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!