2015-05-20

Val Babilon! Want Die Maat Is Vol


Die volgende regering
staan al gereed
In hulle magdom diefwering
Met 'n valse godskreet
Mans in 'n pak klere
en dames met handskoentjies
Saam skaar hulle bymekaar soos vere
en met koek en wyn bespeel hulle die goedjies

O Likkewaan,
jou gruwel bestaan
Het sowaar weer sy kop laat ophef
En sy skoenveter gegee vir 'n vangnet
'n Skarminkel se gesig
word op jou hart gestig
En so word jou laaste poging
om sonder God te lewe, hewig ontwrig

Polarisasie in gemaksug se spasie
Vergelykings in Aramees al is dit 'n gees
Verbastering geskied waar die filter rond kiep
'n Verlore taal begrawe onder harde staal
Kommandeur en kaptein se see lyk maar fyn
Soldate se voete gryp waaghalsig inlyn in hul groepe
Prioriteite verbloem hulle silwer skerp marionette
En terwyl 'n dogter slaap word haar lyf al hoe naak

Perde stamp oor die stoflike ramp
Opgesaal vir die hoeveelste maal
En verdwyn oor 'n piek wat in die verte opskiet
Generaal en kommandant herhaal die oue kontraktant
Fisies 'n onmoontlikheid maar in hul hart is net boosheid
Geallieerde magte stap saam met die skagte
Geensins belemmer dit die swart wolk se emmer
En daarin word gegooi alles wat blink is met rooi

Probeer maar skree in jou wyle nood so gedwee
Want aan die boodskapper van God moet jy jou laat omgord
'n Bitter wind waai oor die geeste van geel lint
In jou afgod tempel het jy geen plek meer vir Sy hemel se drempel
Doop met water van bekering en Sy genade
Laat bewuswording sy doel vind terwyl daar nog plek is in jou as kind
Aarsel nie langs die strate van Golgota nie
En staan eerder naak van aardse passies, met jou kruistog as die volle maat