2015-04-15

Mem: Die Ark Van Die Verbond - JHWH-Jireh Se Geregtigheid

Génesis 7:4
[4]  Want oor nog sewe dae sal Ek laat reën op die aarde, veertig dae en veertig nagte, en al die lewende wesens wat Ek gemaak het, van die aarde verdelg.

Openbaring 12:16
[16]  En die aarde het die vrou te hulp gekom, en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier opgesluk, wat die draak uit sy bek uitgegooi het.

1 Konings 7:1
[1]  Maar aan sy huis het Salomo dertien jaar gebou en die hele huis voltooi.

Eségiël 40:44-46
[44]  En buitekant die binneste poort was twee kamers in die binneste voorhof, een aan die symuur van die noordpoort, met die voorkant na die suide toe; een was aan die symuur van die suidpoort, met die voorkant na die noorde toe.
[45]  En hy het vir my gesê: Hierdie kamer, waarvan die voorkant na die suide lê, is vir die priesters wat die diens van die huis waarneem.
[46]  En die kamer waarvan die voorkant na die noorde lê, is vir die priesters wat die diens van die altaar waarneem; dit is die seuns van Sadok wat uit die kinders van Levi na die HERE mag nader kom om Hom te dien.

Jesaja 26:1-21
[1]  In dié dag sal hierdie lied gesing word in die land Juda: ‘n Sterk stad het ons; God stel heil tot mure en skanse.
[2]  Maak oop die poorte, dat die regverdige nasie kan ingaan wat die trou bewaar!
[3]  U sal ‘n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U.
[4]  Vertrou op die HERE vir ewig, want in die Here HERE is ‘n ewige rots.
[5]  Want Hy het die bewoners van die hoogte neergewerp, die steil vesting; Hy het dit afgegooi, afgegooi tot by die grond, dit laat kom tot in die stof.
[6]  Die voet vertrap dit, die voete van die ellendige, die voetstappe van die armes.
[7]  Die pad van die regverdige is gelyk; U maak die spoor van die regverdige gelyk.
[8]  Ook in die weg van u oordele het ons U verwag, o HERE! Tot u Naam en tot u gedenknaam gaan die begeerte van ons siel uit.
[9]  Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
[10]  Word aan die goddelose genade bewys, dan leer hy geen geregtigheid nie; wat onreg is, doen hy in ‘n land van reg, en hy sien die hoogheid van die HERE nie.
[11]  HERE, is u hand opgehef, hulle sien dit nie; maar hulle sal dit sien en beskaamd staan; die ywer vir die volk, ook die vuur teen u teëstanders sal hulle verteer.
[12]  HERE, U sal vir ons vrede beskik, want U het ook al ons werk vir ons volbring.
[13]  HERE, onse God, ander here buiten U het oor ons geheers, maar deur U alleen prys ons ú Naam.
[14]  Dooie mense herlewe nie, skimme staan nie op nie; daarom het U hulle besoek en verdelg en alle gedagtenis aan hulle laat vergaan.
[15]  U het, o HERE, die nasie vermeerder; U het die nasie vermeerder, Uself verheerlik; U het al die grense van die land uitgebrei.
[16]  HERE, in benoudheid het hulle U gesoek; hulle het stille gebede uitgegiet toe u tugtiging hulle getref het.
[17]  Soos ‘n bevrugte vrou wat naby die tyd kom dat sy moet baar, inmekaar krimp, skreeu in haar weë, so was ons vanweë u aangesig, o HERE!
[18]  Ons was swanger, het weë gehad—dit was asof ons wind gebaar het; ons het die land geen redding aangebring nie, en daar is geen wêreldbewoners gebore nie.
[19]  U dode sal herlewe, my lyke sal opstaan. Waak op en jubel, julle wat in die stof woon! Want u dou is ‘n dou van die lig, en die aarde sal aan skimme die lewenslig skenk.
[20]  Kom, my volk, gaan in jou binnekamers en sluit jou deur agter jou toe, verberg jou vir ‘n klein oomblik, totdat die grimmigheid verbygaan.
[21]  Want kyk, die HERE sal uit sy plek uitgaan om die ongeregtigheid van die bewoners van die aarde oor hulle te besoek; en die aarde sal die bloed openbaar maak wat deur hom gedrink is, en die wat op hom gedood is, nie langer toedek nie.