2015-03-18

Jod

1 Konings 17:1-24
[1] EN EliJaHûW, die vreemdeling, uit Tisbiet in Gílead, het vir Agab gesê: So waar as JaHWeH, die Elohey van JisraEl, leef, voor Wie se Aangesig ek staan, daar sal geen dou of reën in hierdie jare wees nie, behalwe op my woord! [Openbaring 11:6]
[2] Toe kom die Woord van JaHWeH tot hom en sê:
[3] Gaan hiervandaan weg en draai jou na die ooste toe en steek jou weg by die spruit Krit wat oos van die Jordaan is;
[4] en jy moet uit die spruit drink, en Ek het aan die kraaie bevel gegee om jou daar te onderhou.
[5] En hy het gegaan en gehandel volgens die Woord van JaHWeH: hy het gaan bly by die spruit Krit wat oos van die Jordaan is.
[6] En die kraaie het vir hom smôrens brood en vleis gebring, en saans brood en vleis, en hy het uit die spruit gedrink.
[7] Maar ná verloop van tyd het die spruit opgedroog, want daar was geen reën in die Aarde nie.
[8] Toe kom die Woord van JaHWeH tot hom en sê:
[9] Maak jou klaar, gaan na Sarfat wat by Sidon is, en bly daar; kyk, daar het Ek aan ’n weduwee bevel gegee om jou te onderhou.
[10] Daarop het hy hom gereed gemaak en na Sarfat gegaan; en toe hy by die ingang van die stad kom, was ’n weduwee juis besig om daar houtjies bymekaar te maak. En hy roep haar en sê: Gaan haal tog vir my ’n bietjie water in die kan, dat ek kan drink.
[11] Terwyl sy loop om dit te gaan haal, roep hy na haar en sê: Bring tog vir my ’n stukkie brood saam.
[12] Maar sy antwoord: So waar as JaHWeH, u Elohey leef, ek het nie ’n broodkoek nie, net maar ’n handpalm gevul met meel in die pot en ’n bietjie olie in die kruik; en hier maak ek nou ’n paar houtjies bymekaar; dan gaan ek en maak dit vir my en my seun klaar, dat ons dit kan eet en sterwe.
[13] En EliJaHûW sê vir haar: Wees nie bevrees nie, gaan heen, doen volgens jou woord; maar maak eers daarvan vir my ’n broodkoekie en bring dit uit vir my; daarna kan jy vir jóu en jou seun iets klaarmaak.
[14] Want so sê JaHWeH, die Elohey van JisraEl: Die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie, tot op die dag dat JaHWeH reën op die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] sal gee.
[15] En sy het gegaan en gehandel volgens die woord van EliJaHûW; en sy het geëet - sy en hy en haar gesin dae lank:
[16] die meel in die pot het nie opgeraak en die olie in die kruik nie minder geword nie, volgens die Woord van JaHWeH wat Hy deur die diens van EliJaHûW gespreek het.
[17] Ná hierdie dinge het die seun van die vrou, die eienares van die huis, siek geword; en sy siekte was baie ernstig, totdat daar geen asem meer in hom oorgebly het nie.
[18] Toe sê sy vir EliJaHûW: Wat het ek met u te doen, man van die Elohim! U het na my gekom om my ongeregtigheid in gedagtenis te bring en my seun dood te maak!
[19] Maar hy antwoord haar: Gee jou seun vir my. En hy het hom van haar skoot af geneem en hom opgedra na die bo-kamer waar hy self gewoon het, en hom op sy bed neergelê;
[20] en hy het JaHWeH aangeroep en gesê: JaHWeH my Elohey, het U selfs oor die weduwee by wie ek as vreemdeling vertoef, ’n straf gebring deur haar seun te laat sterwe? [MattithJaHûW 17:12]
[21] Daarop het hy hom drie maal uitgestrek oor die kind en JaHWeH aangeroep en gesê: JaHWeH my Elohey, laat die siel van hierdie kind tog in hom terugkeer. [MattithJaHûW 17:11]
[22] En JaHWeH het EliJaHûW verhoor; en die siel van die kind het in hom teruggekeer, sodat hy weer lewendig geword het.
[23] Daarop neem EliJaHûW die kind en bring hom af uit die bo-kamer in die huis en gee hom aan sy moeder; en EliJaHûW sê: Kyk, jou seun lewe!
[24] En die vrou sê vir EliJaHûW: Nou weet ek dit dat u ’n man van Elohim is en dat die Woord van JaHWeH in u mond Waarheid is.

1 Konings 18:1-46
[1] EN geruime tyd daarna het die Woord van JaHWeH in die derde jaar tot EliJaHûW gekom en gesê: Gaan heen, vertoon jou aan Agab, dan wil Ek reën gee op die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde].
[2] En EliJaHûW het gegaan om hom aan Agab te vertoon. En die hongersnood was swaar in Samaría.
[3] Toe laat Agab ObadJaHûW, wat oor die paleis was, roep. En ObadJaHûW het JaHWeH baie gevrees.
[4] Want toe Isébel die profete van JaHWeH uitgeroei het, het ObadJaHûW honderd profete geneem en hulle vyftig [by vyftig] man in ’n spelonk weggesteek en hulle met brood en water onderhou.
[5] En Agab het vir ObadJaHûW gesê: Trek deur die Aarde na al die waterfonteine en na al die spruite; miskien sal ons gras kry, sodat ons die perde en muile in die lewe kan hou en van die vee nie hoef uit te roei nie.
[6] En hulle het die Aarde onder mekaar verdeel om in haar deur te trek: Agab het afsonderlik met een pad getrek, en ObadJaHûW het afsonderlik met ’n ander pad getrek.
[7] Terwyl ObadJaHûW op pad was, kom EliJaHûW hom meteens tegemoet; en toe hy hom herken, val hy op sy aangesig en vra: Is dit u, my meester EliJaHûW?
[8] En hy sê: Dit is ek; gaan sê aan jou meester: EliJaHûW is daar.
[9] Maar hy vra: Waar het ek oortree, dat u u dienaar oorgee in die hand van Agab om my om die lewe te bring?
[10] So waar as JaHWeH, jou Elohey leef, daar is geen nasie of koninkryk waar my meester my nie heen gestuur het om u te soek nie; en as hulle sê: Hy is nie hier nie - dan laat hy die koninkryk en die nasie sweer dat hulle u nie kon vind nie.
[11] En nou beveel u: Gaan sê aan jou meester: EliJaHûW is daar!
[12] As ek nou van u af weggaan en die Gees van JaHWeH u wegneem - ek weet nie waarheen nie en ek kom om Agab berig te bring en hy vind u nie, dan sal hy my doodmaak; en u dienaar vrees JaHWeH van sy jeug af.
[13] Is dit nie aan my meester meegedeel wat ek gedoen het toe Isébel die profete van JaHWeH gedood het nie: dat ek van die profete van JaHWeH honderd man, vyftig by vyftig, in ’n spelonk weggesteek en hulle met brood en water onderhou het?
[14] En nou beveel u: Gaan sê aan jou meester: EliJaHûW is daar! dat hy my kan doodmaak!
[15] Maar EliJaHûW sê: So waar as JaHWeH van die leërmagte leef, voor Wie se Aangesig ek staan, ek sal my verseker vandag aan hom vertoon!
[16] En ObadJaHûW het Agab tegemoet gegaan en hom dit meegedeel; en Agab het EliJaHûW tegemoet gegaan.
[17] En net toe Agab EliJaHûW sien, vra Agab vir hom: Is dit jy, jou beroerder van JisraEl?
[18] Toe sê hy: Ek het JisraEl nie in beroering gebring nie, maar u en u familie, deurdat u die Gebooie van JaHWeH verlaat het en agter die Here (Baäl) aan geloop het.
[19] Stuur dan nou, laat die hele JisraEl by my bymekaarkom op die berg Karmel, ook die vierhonderd-en-vyftig profete van die Here (Baäl) en die vierhonderd profete van die Houtkruis wat aan die tafel van Isébel eet. [2 Ezra 7:39]
[20] En Agab het gestuur onder al die kinders van JisraEl en die profete op die berg Karmel bymekaar laat kom.
[21] En EliJaHûW het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? Indien JaHWeH die Elohim is, volg Hom na; en indien die Here (Baäl) hy is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie.
[22] Toe sê EliJaHûW vir die volk: Ek het alleen oorgebly as profeet van JaHWeH, terwyl die profete van die Here (Baäl) vierhonderd-en-vyftig is.
[23] Maar laat hulle vir ons twee bulle gee; dan kan hulle vir hul een bul uitkies en dit in stukke verdeel en op die hout sit, maar sonder om vuur te maak; en ék sal die ander bul gereedmaak en op die hout sit, maar ek sal geen vuur maak nie.
[24] Roep julle dan die naam van julle gode aan, en ék sal die Naam van JaHWeH aanroep; en die elohim wat met vuur antwoord, Hy sal die Elohim wees. En die hele volk het geantwoord en gesê: Die woord is goed.
[25] Verder het EliJaHûW aan die profete van die Here (Baäl) gesê: Kies vir julle een bul uit en maak hom eerste gereed, want julle is die meeste; en roep die naam van julle gode aan, maar julle mag geen vuur maak nie.
[26] En hulle het die bul wat hy hulle gegee het, geneem en hom gereed gemaak en die naam van die Here (Baäl) van die môre tot die middag aangeroep en gesê: o Here (Baäl), gee ons antwoord! Maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie. En hulle het rondgespring op die altaar wat hulle gemaak het.
[27] En toe dit middag was, het EliJaHûW met hulle gespot en gesê: Roep hard; hy is mos elohim! Hy is seker in gesprek, of hy is seker in ‘n privaat plek, of hy is seker op reis; miskien slaap hy en moet wakker word.
[28] En hulle het hard geroep en hulleself volgens hul gebruik met swaarde en spiese stukkend gekerwe tot die bloed op hulle uitgespuit het.
[29] En toe die middag verby was, het hulle begin raas tot op die tyd dat die spysbydrae gebring word; maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie, en geen opmerksaamheid nie.
[30] Toe sê EliJaHûW vir die hele volk: Kom nader na my. En die hele volk het nader gekom na hom; en hy het die altaar van JaHWeH herstel wat afgebreek was.
[31] Daarop neem EliJaHûW twaalf klippe volgens die getal van die stamme van Jakob se kinders - tot wie die Woord van JaHWeH gekom het om te sê: JisraEl sal jou naam wees -
[32] en hy bou met die klippe ’n altaar in die Naam van JaHWeH. Daarna het hy ’n sloot gemaak rondom die altaar, ’n ruimte vir omtrent twee mate saad,
[33] en die hout gerangskik en die bul in stukke verdeel en bo-op die hout gelê.
[34] Toe sê hy: Maak vier kruike vol water en giet dit op die brandoffer en op die hout. En hy sê: Doen dit vir die tweede maal. En hulle het dit vir die tweede maal gedoen. En hy sê: Doen dit vir die derde maal. En hulle het dit vir die derde maal gedoen,
[35] sodat die water rondom die altaar geloop het; en ook die sloot het hy vol water gemaak.
[36] En op die tyd dat hulle die spysbydrae bring, het die profeet EliJaHûW nader gekom en gesê: JaHWeH, Elohey van Abraham, Isak en JisraEl, laat dit vandag bekend word dat U Elohim in JisraEl is, en ek U kneg, en dat ek al hierdie dinge op U Woord gedoen het.
[37] Antwoord my, JaHWeH, antwoord my, sodat hierdie volk kan erken dat U, JaHWeH, die Elohim is, en dat U hulle hart [tot U] laat terugkeer.
[38] Daarop het die vuur van JaHWeH neergeval en die brandoffer en die hout en die klippe en die stof verteer, ja, die water wat in die sloot was, opgelek.
[39] En toe die hele volk dit sien, het hulle op hul aangesig geval en gesê: JaHWeH, Hy [is] die Elohim, JaHWeH, Hy [is] die Elohim!
[40] Maar EliJaHûW sê vir hulle: Gryp die profete van die Here (Baäl)! Laat niemand van hulle vryraak nie! En hulle het hul gegryp; en EliJaHûW het hulle afgebring na die spruit Kison en hulle daar geslag. [Psalm 149:7-9; Boekrol van Henog 98:12]
[41] Toe sê EliJaHûW vir Agab: Trek op, eet en drink, want hoor, die gedruis van die reën!
[42] En Agab het opgetrek om te eet en te drink; maar EliJaHûW het op die top van die Karmel geklim en hom op die Aarde neergebuig en sy aangesig tussen sy knieë gesteek.
[43] Daarop sê hy vir sy dienaar: Klim tog op, kyk uit na die see. En hy het opgeklim en uitgekyk en geroep: Daar is niks nie. Toe sê hy: Gaan weer - sewe maal.
[44] En die sewende maal roep hy: Daar gaan ’n wolkie soos ’n man se handpalm op uit die see. Toe sê hy: Gaan op, sê vir Agab: Span in en trek af, dat die reën jou nie terughou nie.
[45] En in ’n oogwink was die Hemele swart van wolke en wind, en ’n groot reën het gekom; en Agab het op die wa geklim en weggetrek na JizreEl;
[46] maar die Hand van JaHWeH was oor EliJaHûW, sodat hy sy heupe omgord en voor die aangesig van Agab uit geloop het in die rigting na JizreEl.