Matthéüs 24:1-51
[1] EN JaHWèshua het uitgegaan en van die Tempel vertrek, en Sy studente het nader gekom om Hom die geboue van die Tempel te wys.
[2] En JaHWèshua sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.
[3] En toe Hy op die Berg van die Olywe gaan sit het, kom die studente alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die Teken van U koms en van die voleinding van die tyd?
[1] EN JaHWèshua het uitgegaan en van die Tempel vertrek, en Sy studente het nader gekom om Hom die geboue van die Tempel te wys.
[2] En JaHWèshua sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.
[3] En toe Hy op die Berg van die Olywe gaan sit het, kom die studente alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die Teken van U koms en van die voleinding van die tyd?
[4] En JaHWèshua antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.
[5] Want baie sal onder My Naam kom en sê: Ek is die Gesalfde! en hulle sal baie mislei.
[6] En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.
[7] Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. [2 Ezra 6:24; 9:3]
[8] Maar al hierdie dinge is ’n begin van die smarte. [Boekrol van Henog 1:1][5] Want baie sal onder My Naam kom en sê: Ek is die Gesalfde! en hulle sal baie mislei.
[6] En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.
[7] Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. [2 Ezra 6:24; 9:3]
[9] Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van My Naam.
[10] En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.
[11] En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
[12] En omdat die ongeregtigheid vermeerder word sal die liefde van die meeste verkoel. [2 Ezra 5:2]
[13] Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. [2 Ezra 9:7]
[14] En hierdie goeie tyding van die Koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ’n getuienis vir al die nasies; en dan saldie einde kom.
[15] WANNEER julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die Profeet DaniEl, sien staan in die Apartheidsplek - laat hy wat lees, verstaan - [DaniEl 11:31]
[16] dan moet die wat in JeHûWdah is, na die berge vlug;
[17] wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie;
[18] en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie. [Ezra 16:43]
[19] Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae.
[20] En bid dat julle vlug nie in die winter of op die Sabbat mag plaasvind nie.
[21] Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.
[22] En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie daeverkort word.
[23] As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Gesalfde! of: Daar! - moet dit nie glo nie.
[24] Want daar sal valse gesalfdes en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.
[25] Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.
[26] As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die wildernis - moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer - moet dit nie glo nie.
[27] Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die Adam wees.
[28] Want oral waar die dooie liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.
Die profetiese rede (vervolg). ”Dan skep JaHWeH oor elke woonplek van die Berg van Sion en oor Sy plekke van samekoms die Wolkkolom bedags en
rook met die glans van vuurvlamme in die nag;…” [JeshaJaHûW 4:5]
[29] EN dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal haar glans nie gee nie, en die Sterre sal van die Hemele val, en die kragte van die Hemele sal geskud word.
[30] En dan sal die Teken van die Seun van die Adam in die Hemele verskyn, en dan sal al die stamme van die Aarde rou bedryf en
die Seun van die Adam sien kom op die Wolkkolom van die Hemele met groot Krag en Glansrykheid. [JeségiEl 1 en 10]
[31] En Hy sal Sy Boodskappers uitstuur met harde geluid van ramshoring, en hulle sal Sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die Hemele af tot die ander einde daarvan.
[32] En leer van die Vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer Haar tak al sag word en Haar blare uitbot, weet julle dat die somer naby is. [Númeri 17:8; Hooglied van Salomo 2:13]
[33] So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat sy naby is, voor die deur.
[34] Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie saadlyn sal sekerlik nie tot niet gaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.
[35] Die Hemele en die Aarde sal verbygaan, maar My Woorde sal nooit verbygaan nie.
[36] MAAR van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die Boodskappers van die Hemele nie, maar net My VADER alleen.
[37] En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die Adam wees. [Boekrol van Henog 83:9]
[38] Want net soos hulle was in die dae voor die vloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die Ark gegaan het,
[39] en dit nie verstaan het voordat die vloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die Adam wees. [Boekrol van Henog 7:5]
[40] Dan sal daar twee op die Aarde wees; die een word aangeneem en die ander word verlaat.
[41] Twee vroue sal by die meul maal; die een word aangeneem en die ander word verlaat.
[42] Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Meester kom nie.
[43] Maar weet dit: as die eienaar geweet het in watter nagwaak die dief sou kom, sou hy gewaak en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie.
[44] Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die Adam kom op ’n uur dat julle dit nie verwag nie.
[45] WIE is dan die getroue en wyse dienskneg vir wie sy Meester oor Sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee?
[46] Geseënd is daardie dienskneg vir wie sy Meester, as Hy kom, op hierdie manier besig sal vind.
[47] Voorwaar Ek sê vir julle, Hy sal hom oor al Sy besittings aanstel.
[48] Maar as daardie verdraaide dienskneg in sy hart sê: My Meester talm om te kom -
[49] en hy sy medediensknegte begin slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink,
[50] dan sal die Meester van dié dienskneg kom op ’n dag dat hy dit nie verwag nie en op ’n uur dat hy dit nie weet nie;
[51] en sal hom pynig en hom ’n deelgenoot van die tweegesigte maak. Daar sal geween wees en gekners van die tande.