Reken op! Reken op! Reken op!
Die Man kom langs om af te reken
Tel op! Tel op! Tel op!
Die Man kom langs om te verreken
Sommetjies en nulletjies
Sirkeltijes en halwetjies
Pas op! Pas op! Pas op!
Die Man weet wat is Syne
Rente op Rente, Op is Op!
Die Heer ken Sy Eie wyne
Honderde en duisende
Tiendes en enkeles
Keer om! Keer om! Keer om!
Die Heer keer die tafels om!
Verstom, verstom, verstom
Kyk die handelaars na Hom
"En Hy sê vir hulle aangaande hierdie saak:
My huis moet ‘n huis van gebed genoem word.
Maar julle het dit ‘n rowerspelonk gemaak."

Matthéüs 21:1-46
[1] En toe hulle naby Jerusalem gekom en Bétfagé aan die Olyfberg bereik het, stuur Jesus twee dissipels uit en sê vir hulle:
[2] Gaan na daardie dorp reg voor julle, en dadelik sal julle ‘n eselin vind wat vasgemaak is, en ‘n vul by haar. Maak haar los en bring hulle vir My.
[3] En as iemand vir julle iets sê, moet julle antwoord: Die Here het hulle nodig; en dadelik sal hy hulle stuur.
[4] En dit het alles gebeur, sodat vervul sou word die woord wat deur die profeet gespreek is:
[5] Sê vir die dogter van Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe, sagmoedig, en Hy sit op ‘n esel, ja, ‘n jong esel, die vul van ‘n pakdier.
[6] En die dissipels het gegaan en gedoen soos Jesus hulle beveel het;
[7] hulle het die esel en die vul gebring en hulle klere daarop gelê, en Hy het daarop gaan sit.