Wys tans plasings met die etiket Die Soom Van 'n Woning: JHWH is My Eed. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Die Soom Van 'n Woning: JHWH is My Eed. Wys alle plasings

2015-06-18

Die Soom Van 'n Woning: JHWH is My Eed


Begin by My Huis
die afgeleë ene, die trae
Sy gedra haar so gedeins
en vergeet My afsprake
Begin met die fondament
en lê vir jou 'n fondasie
Ek sal voorsien in die kontinent
en 'n uitleg daarby met die konsonansie

Sê vir die afvallige een
"So spreek die Vader:
Jy sal jou skoon was en ween,
en al jou silwer en koper vergader."
Versamel dan die dou
wat oorbly uit die gemeente
En gee dit as 'n vrou
aan My Huis vir sy gesteente

So sal julle dan bou
op hierdie rots van sterkte
En niemand sal dit knou
totdat Ek weer terug is in julle vlerke
Laat 'n seun en dogter terugkeer
Man en vrou tesame
Sodat My huis kan floreer
met gebede en dank in 'n oase