Wys tans plasings met die etiket Jeremia 7. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Jeremia 7. Wys alle plasings

2015-02-12

Zajien

Spreuke 24:1-34
[1]  Wees nie afgunstig op die kwaaddoeners nie, en begeer nie om met hulle saam te wees nie.
[2]  Want hulle hart bedink verwoesting, en hulle lippe spreek moeite.
[3]  Deur wysheid word ‘n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig;
[4]  en deur kennis word die kamers gevul met allerhande kosbare en lieflike goed.
[5]  ‘n Wyse man is sterk, en ‘n man van kennis ontwikkel krag.
[6]  Want deur goeie oorleg kan jy voorspoedig oorlog voer, en die oorwinning is deur die menigte van raadgewers.
[7]  Die wysheid is vir die sot te hoog; in die poort maak hy sy mond nie oop nie.