Eségiël 7:1-27
[1] Daarna het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
[2] En jy, mensekind, so spreek die Here HERE tot die land van Israel: Einde! Die einde het gekom oor die vier hoeke van die land.
[3] Nou is die einde oor jou, en Ek sal my toorn teen jou uitstuur en jou oordeel volgens jou weë en al jou gruwels op jou laat neerkom;
[4] en my oog sal jou nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie, maar Ek sal jou wandel op jou laat neerkom, en jou gruwels sal in jou midde wees; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
[5] So sê die Here HERE: Onheil op onheil, kyk, dit kom!
[6] ‘n Einde kom, die einde kom, dit word wakker teen jou; kyk, dit kom!
[7] Die lotsverandering kom teen jou, inwoner van die land! Die tyd kom, die dag is naby! Rumoer en geen vreugdegeroep op die berge nie!