Jesaja 44:1-28
[1] Maar luister nou, my kneg Jakob, en Israel wat Ek uitverkies het!
[2] So sê die HERE, jou Maker en jou Formeerder van die moederskoot af, wat jou help: Wees nie bevrees nie, Jakob, my kneg, en Jesúrun wat Ek uitverkies het!
[3] Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge.
[4] En hulle sal uitspruit tussen die gras in, soos wilgerbome by waterlope.
[5] Die een sal sê: Ek behoort aan die HERE; en die ander sal die naam van Jakob uitroep; en die ander sal met sy hand skrywe: Ek behoort aan die HERE, en hom met die erenaam Israel noem.
[6] So sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie.
[7] En wie roep soos Ek—laat hom dit dan te kenne gee en aan My voorlê—vandat Ek die volk van die ou tyd gegrond het? En laat hulle die toekomstige dinge en wat sal gebeur, te kenne gee.
2015-07-30
Hosanna! U Alleen
Heimwee, heimwee
Net soos 'n troetel kind
Ag nee, ag nee
Ek voel my so verslind
Op heuwel torings
Tussen gladde dorings
Op sink sand se bodems
Lê my skoene in berowings
O, Heimwee, heimwee
Maar nie na die verlede
Wel na U Huis wat vrede gee
Wel in U toestand se gewete
Op wolke van dou
Met elke tree na Jou
In elke poging, al is dit geknou
Ja, want alleen U kan my behou
Heimwee, heimwee
Ag, was dit al gedaan
Dan kon ek tenminste iets gee
Ag, al was dit net nog 'n traan
Sodat ek weer kan terugkeer
By my Soort daar Bo, daar by U sfeer
U Gesig, aanskoulik, terwyl ons rustig kalibreer
By U, wat my gebaar het, deur en deur

Psalms 118:1-29
[1] Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!
[2] Laat Israel dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!
[3] Laat die huis van Aäron dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!
[4] Laat die wat die HERE vrees, dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!
[5] Uit die benoudheid het ek die HERE aangeroep; die HERE het my verhoor in die ruimte.
[6] Die HERE is vír my; ek sal nie vrees nie: wat kan ‘n mens my doen?
[7] Die HERE is vír my as my helper; so sal ék dan neersien op die wat my haat.

2015-07-26
Geregtigheid en Reg: YHWH Is God - Wie Is Soos Hy?
"Geregtigheid en reg is die grondslag van u troon;
goedertierenheid en trou gaan voor u aangesig uit."
Psalms 89:1-52
[1] ‘n Onderwysing van Etan, die Esrahiet. (89:2) Die goedertierenhede van die HERE wil ek vir ewig besing; ek wil u trou bekend maak met my mond van geslag tot geslag.
[2] (89:3) Want ek het gesê: Goedertierenheid sal vir ewig gebou word; in die hemele—daar bevestig U u trou.
[3] (89:4) Ek het ‘n verbond gesluit met my uitverkorene, met ‘n eed aan Dawid, my kneg, belowe:
[4] (89:5) Tot in ewigheid sal Ek jou nageslag bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag. Sela.
[5] (89:6) En die hemele loof u wondermag, o HERE, ook u trou in die vergadering van die heiliges.
[6] (89:7) Want wie kan in die hemel met die HERE vergelyk word? Wie is soos die HERE onder die hemelinge,
[7] (89:8) ‘n God grootliks gedug in die raad van die heiliges en vreeslik bo almal wat rondom Hom is?

2015-07-25
100 Jaar Oorlog
Matthéüs 23:1-39
[1] Toe het Jesus die skare en sy dissipels toegespreek
[2] en gesê: Die skrifgeleerdes en die Fariseërs sit op die stoel van Moses.
[3] Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie.
[4] Want hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met hulle vinger verroer nie.
[5] En hulle doen al hul werke om deur die mense gesien te word, en hulle maak hul gedenkseëls breed en die some van hul klere groot.
[6] En hulle hou van die voorste plekke by die maaltye en die voorste banke in die sinagoges
[7] en die begroetinge op die markte en om deur die mense genoem te word: Rabbi, Rabbi!
Wees Heilig, Want YHWH Is Heilig
Nehemía 8:1-18
[1] (8:2) het die hele volk soos een man op die plein voor die Waterpoort bymekaargekom en aan Esra, die skrifgeleerde, gesê om die boek van die wet van Moses, wat die HERE Israel beveel het, te bring.
[2] (8:3) En Esra, die priester, het die wet voor die vergadering gebring, manne sowel as vroue en almal wat met verstand kon luister, op die eerste dag van die sewende maand.
[3] (8:4) En hy het daaruit voorgelees voor die plein wat voor die Waterpoort was, vandat dit lig geword het tot die middag, in teenwoordigheid van die manne en die vroue en die wat kon verstaan; en die ore van die hele volk was op die wetboek gerig.
[4] (8:5) En Esra, die skrifgeleerde, het op ‘n houtverhoog gestaan wat hulle vir die geleentheid gemaak het, en langs hom het aan sy regterhand gestaan: Mattítja en Sema en Anája en Uría en Hilkía en Maäséja; en aan sy linkerhand: Pedája en Mísael en Malkía en Hasum en Hasbaddána, Sagaría, Mesúllam.
[5] (8:6) En Esra het die boek oopgemaak voor die oë van die hele volk, want hy het bokant die hele volk gestaan; en toe hy dit oopmaak, het die hele volk opgestaan.
[6] (8:7) En Esra het die HERE, die grote God, geloof, en die hele volk het geantwoord: Amen, amen! met opheffing van hulle hande; en hulle het hul gebuig en die HERE aanbid met die aangesig na die aarde toe.
[7] (8:8) En Jésua en Bani en Serébja, Jamin, Akkub, Sábbetai, Hodía, Maäséja, Kelíta, Asárja, Jósabad, Hanan, Pelája en die Leviete het die volk in die wet onderrig, onderwyl die volk op hulle plek bly staan.

2015-07-24
Oorlog Is Op Hande
Kyk! die vlieëniers van die Kaap
Hulle swoeg met 'n kou wat gaap
Nie hier nie, en nie daar nie!
Maar orals staan hulle naak
Kyk! die wingerde van die Oos
Lê bleik en gerinneweer en broos
Nie bo nie, en nie onder nie!
Maar orals is dit kaal en uitsigloos
Kyk! die winde van die Woestyn
Dit rinkink met stof en dronk wyn
Nie links nie, en nie regs nie!
Maar orals slaan dit die konyn
Die jag van 'n jakkals
Wat wegkruip in sy rinkhals
Hy het tenminste 'n plek
Maar sy voetspore lê in drek
Kyk! en besef die klopjag
Sonder vlag of skrop lag
Vinnig en gedeë
Vang hy sy prooi soos aan hom gegee
Hulle swoeg met 'n kou wat gaap
Nie hier nie, en nie daar nie!
Maar orals staan hulle naak
Kyk! die wingerde van die Oos
Lê bleik en gerinneweer en broos
Nie bo nie, en nie onder nie!
Maar orals is dit kaal en uitsigloos
Kyk! die winde van die Woestyn
Dit rinkink met stof en dronk wyn
Nie links nie, en nie regs nie!
Maar orals slaan dit die konyn
Die jag van 'n jakkals
Wat wegkruip in sy rinkhals
Hy het tenminste 'n plek
Maar sy voetspore lê in drek
Kyk! en besef die klopjag
Sonder vlag of skrop lag
Vinnig en gedeë
Vang hy sy prooi soos aan hom gegee
Psalms 18:1-50
[1] Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid, die kneg van die HERE, wat die woorde van hierdie lied tot die HERE gespreek het op die dag toe die HERE hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul. (18:2) En hy het gesê: Ek het U hartlik lief, HERE, my sterkte.
[2] (18:3) Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.
[3] (18:4) Ek roep die HERE aan wat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos.
[4] (18:5) Bande van die dood het my omring, en strome van onheil het my oorval.
[5] (18:6) Bande van die doderyk was rondom my; strikke van die dood het my teëgekom.
[6] (18:7) Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom.
[7] (18:8) Toe het die aarde geskud en gebewe; die fondamente van die berge het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was.

2015-07-23
Vlerke
Jesaja 42:1-25
[1] Daar is my Kneg wat Ek ondersteun, my Uitverkorene in wie my siel ‘n welbehae het. Ek het my Gees op Hom gelê; Hy sal die reg na die nasies uitbring.
[2] Hy sal nie skreeu of uitroep of sy stem op die straat laat hoor nie.
[3] Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie; met getrouheid sal Hy die reg uitbring.
[4] Hy sal nie dof brand of geknak word, totdat Hy die reg op aarde gegrond het nie; en die eilande wag op sy leer.
[5] So sê God, die HERE, wat die hemele geskape en hulle uitgesprei het, die aarde uitgespan het saam met wat daaruit voortkom, wat aan die aardbewoners die asem gee en die gees aan wie daarop wandel:
[6] Ek, die HERE, het U geroep in geregtigheid, en Ek vat u hand en behoed U en gee U as ‘n verbond van die volk, as ‘n lig van die nasies,
[7] om blinde oë te open; om gevangenes uit die kerker uit te lei, uit die gevangenis diegene wat in die duisternis sit.
Teken in op:
Plasings (Atom)